Heldedade kom nie dikwels voor nie

1

HOE YDEL DIE ONSTERFLIKHEID

Hoe ydel die onsterflikheid.
Neem Madame Récamier op haar rusbank,
haar heup na ons gedraai. Ons?
Wat is dit wat in haar hand
rus terwyl sy kyk soos ‘n meerkat
maar met die blik van ‘n valk gésel?
Of Marat? Wat sou hy baat
by onsterflikheid? ‘n Inkpot, ‘n veerpen,
die mes, die bad
verewig.
Die res het weggevlieg.
Monsieur Sériziat, ‘n perdeliefhebber
met ‘n peits en ‘n hollywooduitrusting,
vroulike heupe en marilyn monroe‑neurotiese oë,
wat sou hy in die ewigheid vind?
Die bedwelmende deinserigheid?
Dooie gesigte wat altyd nader kom
noli me tangere en verbaas fluister:
“Dit is ‘n man.”
En dié Maja? Met krulle
op haar skouers
en die kussings soos vlerke
van drome onder haar rug.
Haar oë sê: “Kom weer.”
Ek? Wat kan ek sê?
Sy beny my.
Met haar skugter bene en heupe
en borste vra sy, pleit sy
om ‘n oomblik omhels te word,
om dooie soene
oor haar lyf te voel. Mal man,
jou wangbene ‘n verwyt
verlate skone oë met die spore
van ‘n glimlag!

Julle wat nooit ongemaklik raak
van die houding waarin julle gevange geneem is nie,
vir julle maak ek my buiging.
Ek ‘n nar, ‘n seremoniemeester.
O watter onmenslikheid julle aangedoen:
Die huwelik van vlees en verf!

VAIN IMMORTALITY

How vain the immortality.
Take Madame Récamier on her sofa,
her hip turned towards us. Us?
What is it that is resting
in her hand while she is peering at us
like a mongoose,
but scourging with the glance of a hawk?
Or Marat? What would he benefit
from immortality? An ink-pot, a quilt pen,
the knife, the bath
forever.
The rest has flown away.
Monsieur Sériziat, the horse lover
with a whip and a hollywood costume,
feminine hips and Marilyn Monroe neurotic eyes,
what would he find in eternity?
The swooning retreat?
Dead faces always approach
noli me tangere and whispers with surprise:
“It is a man.”
And this Maya? With curls
on her shoulders
and the cushions like the wings
of dreams under her back.
Her eyes say: “Come again.”
Me? What could I say?
She envies me
With her coy legs and hips
and breasts she invites, she begs
to be embraced for a moment,
to feel dead kisses
over her body. Mad Man
your cheek bones a reproach
forsaken fair eyes with the imprint
of a smile.

You who will never experience the discomfort
of the positions in which you are captured,
to you I make my bow.
Me a clown, a master of ceremonies.
Oh, what inhumanity done to you
the marriage of flesh and paint.

2

MARIA MAGDALENA
Geskilder deur Titiaan vir die hertog van Urbino

Vingers sinlik in krulle,
‘n nonnesluier. Die sewe duiwels
het uit haar oë geglip en gemeng met die salf
waarmee haar kort hande die hertogvoete verafgod.
Hy prewel van sy begrafnis.
Die nonvlindervlerke tril.
Sy soen vredevol
die blomme droog.

MARY MAGDALENE

Painted by Titian for the Duke of Urbino

Fingers sensually in curls,
a nun’s veil. The seven devils
slipped from her eyes and blended with the ointment
with which her short hands idolize the duke’s feet.
He mutters about his funeral.
The wings of the butterfly shivers.
She kisses contently
the flowers dry.

3

DON SEBASTIAN DE MORRA
Na ‘n skildery van Velazquez

In sy stomp vuisies kan hy ‘n blom
frommel. soos ‘n sakdoek, sy beenffies
is plat op die vervelige vloer. Sy verouderde oë
verwyt: My? U?
Party kinders is altyd speelgoed
van vreemdelinge. “U wat hom mismaak het,”
sê die skilder, “meer blom as mens,
mag ek hom vertoon
sodat hy oë streel
met, versluier, sy mensoë.”

DON SEBASTIAN DE MORRA
After a painting by Velazquez

In his blunt fists he could fumble
a flower like a handkerchief, his short legs
is flat on the boring floor. His aging eyes
reproaches: Me? You?
Some children are always the toys
of strangers. “You that mismade him”
says the painter, “more flower than man,
may I show him
so that he could caress eyes,
with his, veiled, human eyes.”

4

DIE DOOD VAN MARAT
Na ‘n skildery van Jacques‑Louis David

Wat het dié poppie se vingers laat jeuk
om die mes
net onder jou hals in te steek?
Was dit ‘n koerantberig
wat haar vingers geïrriteer het?
Die pylpuntpen balanseer tussen dood
en lewe teen die vloer, bloedvingerafdrukke
is op die nota en die mes
1ê op die vloer heeltemal gekalmeer.
Die afdrukke van ‘n soen
fladder nog op en om jou mond
verdag. Die pols sal rustig word,
die pen uit die hand val
wat oopgaan sonder ‘n spykermerk.
In die bad tap bloed,
‘n warmte teen die ewige gejeuk.

THE DEATH OF MARAT
After a painting by Jacques-Louis David

What made this doll’s fingers itch
to thrust the knife
in just below your neck?
Was it a newspaper report
that irritated her fingers?
The stiletto-sharp pen poises between death
and life on the floor. Blood finger prints
are on the note and the knife
lies completely calmed on the floor.
The imprints of a kiss
still flutters on and about your lips
suspiciously. The pulse will quiet down.
The pen falls from the hand
opening without the stigmata.
In the bath blood is running,
a warmth against the eternal itch.

5

NAPOLEON IN SY STUDEERKAMER
Na ‘n skildery van David

Hy kan nie ontsnap nie: die waan
waarmee hy plunder is geverf
oor sy oogkaste, sy vroulike oë,
sy snawelneus, sy selftevrede lippe
en sy hand op sy pens.
Miskien is hy net ‘n seun,
die adolessente aas van latere maarskalke.
Die leeutafelpoot
effens bedruk met ‘n sensuele duiwelgesig
is sensitief, iets wat ‘n moffie
sou aangryp. Die kliniese
uurwerk het veerfyn wysers. Die swaard,
‘n herinnering bebloed,
1ê teen die stoelleuning weg van die keiser.
Ontwapen is hy, weerloos.
Dit laat hom vergeet, dit verwyder hom
van sy daaglikse brood.
Hy kan nie ontsnap nie.
Dit is asof tussen waan daar oomblikke is
dat alles bedaar, oomblikke wanneer hy
om die bos gelei kan word deur dissipels
en ‘n skilder wat nog aan eie wonde lek.

NAPOLEON IN HIS STUDY
After a painting by David

He cannot escape: the lunacy
with which he plunders is painted
across his sockets, his feminine eyes,
his beak-shaped nose, his contented lips
and his hand on his belly.
Maybe he is just a boy,
the adolescent bait of later marshals.
The lion-faced table-leg,
a little depressed with the sensual face of a devil,
is sensitive: something a gay
would seize upon. The clinical
clock has feather-light hands. The sword,
a bloody memory,
leans against the chair distanced from the emperor.
Disarmed is he, defenseless.
It makes him forget, it removes him
from his daily bread.
He cannot escape.
It is as if lunacy is interspersed with moments
when everything subsides, moments when
he could be lead by the nose by disciples
and a painter still licking at his own wounds.

6

MONSIEUR BERTIN
Na ‘n skildery van Ingres

Monsieur Bertin sien rooi.
Sy kop is vol stormjaer
gedagtes, sy vingers ongeduldig
op die plooie van sy bobeenbroek.
Die wit kraag om sy keel
herinner aan eet. Geduld
met die gepeupel, opgewonde
buite die arena, of hulle maak van jou
‘n Marat, ‘n dromer in ‘n bloedbad
brom sy mondhoeke. Sy vet hande
wag om ‘n uitdager te smoor
in die stof. Monsieur Bertin duld nie,
droom nie. Hy koop kontant.

MONSIEUR BERTIN
After a painting by Ingress

Monsieur Bertin sees red.
His head is full of volcanic
thoughts, his fingers impatient
on the folds of his thighs.
The white collar around his throat
reminds of eating. Patience
with the masses, excited
outside the arena, or they make of you
a Marat, a dreamer in a blood bath.
The corners of his mouth grumble. His fat hands
wait to smother a challenger
in the dust. Monsieur Bertin does not tolerate,
does not dream. He buys cash.

7

ONTHOOFDE
Na ‘n skildery van Gericault

Op die slaghuissatyn
die juweel met oë
.
Die lem wat die son verblind
het dwarsdeur die dag
geval. Nog een dag van al die dae op aarde
het gerol.
Die vrouens met voorskote aan
het gekyk en houtkappers het vertel
van die boom
wat hulle neergevel het.
Die slagter het ‘n hoender berei
met speserye en die soldate
het ‘n vlag gestryk en ‘n venster het toegegaan.
In die kanaal het die water geskitter
en ‘n perdekar het oor die brug gery.

BEHEADED
After a painting by Gericault

On butcher’s satin
the jewel with eyes.

The blade that blinds the sun
split
the day.
Another day of all the days on earth
rolled.
The women in their aprons
looked on and the woodcutters spoke
about a tree they felled down.
The butcher prepared a chicken
with spices and the soldiers
stroked a flag and a window closed.
The canal water glittered
and a horse cart crossed a bridge.

8

DIE PÊREL IN DIE BRANDERS
Na Jules Antoine Castagnary se lesing van 1863

Soek sy ‘n miljoenêr wat afgedwaal het na hierdie wilde plek?
‘n Rotsrusbank met skurwe skulpe
waarteen haar heupe
skuimpienk
rus asof geen golf, skuimbekdraak
hom oor haar gaan slinger,
sy sout vingers oor haar trek.

Is ons verleidster nie meer ‘n slaapkamermeisie:
met loombetowerde oë en agter haar seester‑hand
die slak wat in die terugtrekkende waters
in die sand stuiptrek?
Haar emalje‑oë
soek betowering, ‘n fantasie van rotse
en die see­-
kat met bitterbrandvingers.

In ‘n droom
galop die hingste deur skuim­-
spatsels
voor die impotente miljoenêr.

THE PEARL IN THE WAVES
After a lecture by Jules Antoine Castagnary in 1863

Is she reaching for a millionaire who strayed to this wild place?
A rocky divan with scabby shells
against which rests
her foam pink hips,
as if no wave, no frothing mouthed dragon
would hurl himself at her,
pulling his salty fingers over her.

Is our seductress no longer a bedroom girl
with drowsy charming eyes behind her starfish hand,
the snail which in the withdrawing waters
convulses in the sand.

Her enamel eyes
seek enchantment, a fantasy of rocks
and the octo-
pus with bitter scorching fingers.

In a dream
the stallions
splashes through foam
in front of the impotent millionaire.

9

MONNIK BY DIE SEE
‘n Skildery van Caspar David Friedrich

Swart see, ‘n streep
van eensaamheid deur die monnik.
Ligkieue flits
teen die golfies. Die hemel
skemer teen die see, ‘n uitspansel
van stilte
skree. Die monnik wandel
met sy oë oor die see
wat stil sterf in die skemer.
Wolke met wit kruine
reik uit reik uit
na die hemelstilte.

MONK AT THE SEA
A painting by Caspar David Friedrich

Black sea, a line
of loneliness through the monk.
Light gills flash
against the small waves. Heaven
dusks against the sea, an expansion
of silence
screams. The monk strolls
with his eyes across the sea
dying quietly in the twilight.
White summits of clouds
reaches out, reaches out
to the quiet heavens.

10

OLYMPIA
Na ‘n skildery van Manet

‘n Pienk strik in die hare van die godin,
‘n veter geknoop om haar nek
en ‘n bytjie aan haar oor.
Die hoë kussing en die ruiker
ruik in die hande van die bediende.
Die armband. Haar tone druk saggies
in die holte van ‘n japanse sandaal.
Die tossels aan die deken, patrone van rose,
die stert van die kat staan rinkhals
omhoog terwyl sy geel oë die besoeker
beloer. Haar bene 1ê gemaksugtig
en haar hand
versluier terloops die skaduwee
haarswart.

OLYMPIA
After a painting by Manet

A pink bow-tie in the hair of the goddess,
a lace knotted around her neck
and a little bee at her ear.
The high cushion and the bouquet
scenting in the hands of the servant.
The bracelet. Her toes presses softly
into the hollow of a Japanese sandal.
The tassels of the quilt, patterns of roses,
the tail of the cat stands cobra-
erect while his yellow eye spy
on the visitor. Her legs relaxes
and her hand
veils incidentally the shadow
hair-black.

11

PERSPEKTIEF: DIE BALKON VAN MANET
Na ‘n skildery van Magritte

Vanaf die balkon
kyk doodskiste en ‘n krismisroos
hoe baniere
HENDRIK FRENSCH VERWOERD LEWE
deur die strate stroom.
Tenks gaan soos kangaroes verby.
‘n Plaag sprinkane
hop om die lourierkrans
van Hendrik Frensch Verwoerd wat weer gekom het
in sy oopdakmotor.
Die doodskiste strooi krismisroos‑confetti
oor die oopdakmotor.

PERSPECTIVE: THE BALCONY OF MANET
After a painting by Magritte

From the balcony
the coffins and an agapanthus watches
how banners
HENDRIK FRENCH VERWOERD LIVES
flood through the streets.
Tanks pass by like kangaroos,
a plague of grasshoppers
hops around the laurel wreath
of Hendrik French Verwoerd who came again
in his open-roof car.
The coffins strew agapanthus confetti
on to the open roof car.

12

DIE VUURHOUTJIEVERKOPERTJ1E
Na ‘n skildery van Otto Dix

By die pilaar, die ingang
na die donkerte, frons die kind.
Boodskapperbomme
het hom een aand wakker geskud, bye
wat hom in die oogbanke steek.
Hy het geroep na sy ma.
Hy het geroep na sy pa.
‘n Engel het by die voetenent gestaan.
Dit is koud, swart kouse om sy stokbeentjies.
In sy oë dreun vliegtuie
wat dwarsdeur die koue klankgrens breek
en bombardeer. Hy huil nie.
Sy een hand is op aandag.
Sy ander hand kom te voor-
skyn met ‘n vuurhoutjiedosie.
Skaduwees val sy jas
binne.

13

MEISIE IN ATELJEE
Na ‘n skildery van Casorati, 1921

Skadu oor haar oë.
Haar lyf klipglad en koel.
Haar lippe dwaal
met haar gedagtes en bibber.
Asbak, rame en skilderdoeke,
ruimtes en lyne.
Die tjalieronding van haar skouers,
die koel oë van haar borste,
die stil lyne van haar heupe
potloodskerp afgebaken
in ‘n dampkring.

14

OP LOOP GEGAAN

Meneer Paul Klee het op loop gegaan
met ‘n lyn aan ‘n halsband,
met skrefies oë, ‘n krulletjie baard
en ‘n droomhoed
in die speelpark. Kinders ry
op drome skoppelmaai.
Die lyn het op loop gegaan
met meneer Paul Klee,
met ‘n droom wat wit kierie loop.

15

DIE KERMIS
Na ‘n skildery van Henri Koerner, Vanity Fair

Ouma en oupa sit op die stoep.
Grashalms spruit skeenhoogte uit die perk.
By die bruggie oor die kanaal vang seuntjies
paddas met kwikbene
soos meisietjies s’n, die mallemeule groei
uit die berg. Vrouens pas rokke aan vir die begrafnis
Wat is dit wat die oë tranerig maak?
Wat het jy gesien my man, kom terug na jou glasie,
jou sigaret en jou kaarte,
kom. terug na my bed
waarbo die skildery met sneeuberge hang.

16

DIE VOYEUR
I’ve got nothing to say about the
human condition ‑ Francis Bacon

‘n verskrikte Van Gogh
in die pad en die kwasstrepe
loop dwarsdeur hom
met sy hoed wat skaduwees maak
oor sy gesig verwilder geraam
tussen kaal bome en die hondsdoltande van sy skedel
knor

dit is ‘n obsessie met die lewe
‘n perverte spioenasie op die private
knor
in die visier
van die sleutelgat
‘n ou hond in ‘n hok
verwilder blootgestel
draf met sye skurend
teen die onsigbare draad

17

DIE ELEKTRIESE STOEL
Na ‘n werk van Andy Warhol

Sentraal voor die skerm
die stoel,
geïsoleer.
Soms kom hier ‘n man sit.
‘n Haarkapper laat warm lug
soos ‘n wit mantel oor sy skouers
val.
Muise skarrel weg van sy geboeide voete.

18

PORTRAIT OF AN ARTIST, POOL WITH TWO FIGURES
‘n Skildery van David Hockney

Deur gekraakte water vin
die swemmer met wierende hare
en hande. Die wortels
van lig bars die water.
Die man op die swembadrand
se skaduwee wieg.
Die voet van die swemmer skop
teen die lig wat oor hom rank
en oor die water sprei
soos ‘n net.
Ingedagte
wier die swemmer
in die lignet.

PORTRAIT OF AN ARTIST, POOL WITH TWO FIGURES
A painting by David Hockney

Through cracked water fins
the swimmer with weeding hair
and hands. The roots
of light burst the water.
The man’s shadow on the side
of the swimming pool
wobbles.
The foot of the swimmer kicks
against the light that sprouts over him
and spreads across the water
like a net.
Absorbed
the swimmer weeds
in a net of light.

19

BOESMANS TEKEN PYLSKERP

Boesmans teken pyl-­
skerp teen grotmure die bokke
van hulle drome. In die Rococo
lë fisante en hase

aan die voete van die jagter
wie se oë belig
is. Die plaasvolk
van Velazquez lig

die elmboog.
By die Bacchus‑fees van Titiaan
vier die wellustigheid
van ‘n beskawing

hoogty. Die oomblik
smelt in my mond. Die gekruisigde os
bly steek in ‘n mens se gedagtes
soos die hoeke van Rembrandt se oë.

‘n Gans se slank nek
hang uit die skottel
op die voorgrond van ‘n skildery
asof dit die verlede van die arm ou vrou

in die agtergrond
in die gedrang wil bring. Hoerig
is die karkasse
van Kokoschka en Soutine

en die reaksie van die haas
van Beuys bly ‘n duim op die mond.
Miskien is die selfkastyding
van Rudolf Schwarzkogler

die enigste verset teen massaproduksie,
maar die sjokolades van Oldenburg
en die coke van Wesselman
bly ‘n herhaling
van “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”

SKOENLAPPER
SKOENLAPPER

20

VARIASIE OP ‘n MIDDELEEUSE
LIEDFRAGMENT

Hy kan die duiwel dank
Dat sy geliefde trou is.
Dit is flikkers in drank
Wat sy met liefde vergis.
Geliefde, daarom sal jy my bedank
As jy weet dat dit nie die drank
Is wat my van hartstog
Dronk maak nie, maar jou oë se dors.
Sinlike vrou sonder bedrog
Laat ek joune wees,
jou maaltyd, jou fees.

21

ROELANTSLIED
Jo ai paiens veus

Oneindig spoel gesigte van barbare
om die kuste.

Ek wil in ‘n bootjie uitvaar,
in die wit skuim van lanse

uitloop.

22

LITERATOR

Ek droom van ‘n tamatie,
ruim en geset soos ‘n studeerkamer,
Met ‘n onderbaadjie aan, met ‘n horlosie
in die sakkie en die groot tamatie
snuffel aan die vensterbank van my boek
soos een wat inbreuk maak.
‘n Groot vlieg loop ‘n bloedspoor oor sy wange.
Die tamatie se oë
is toegeswel.
Die tamatie is introvert
met baie pitjies in die skil wat kan brand
op die tong en ‘n stingel soos die string hare
van ‘n ou sjinese wysgeer wat glo
dat dit sy hemelse naelstring is
waarmee hy op sal klim
soos ‘n kind op teen ‘n spensrak
om daar lekker te ruik.
Die tamatie is so swaarlywig
en uitgehol dat vlieë
eiers in hom lê. Van introversie
het sy horlosie gaan staan
op dieselfde plek as die gedagte
wat hom sedert sy nasionale bewuswording by was.
G’n by kan van sy larwes heuning maak nie.

SUZY WONG
SUZY WONG

23

OP ‘n AAND GAAN LÊ ‘n VROU

Op ‘n aand gaan 1ê ‘n vrou in ‘n donker afgeleë straat op die nat teer onder die bome en probeer om die maan uit die watte van wolke te vat en voor haar te hou soos ‘n spieël. Die nat hande van blare kleef aan haar skouers terwyl sy haar bene wyd maak en gil. Met haar wit hande en armbande het sy die maan soos ‘n sikspens probeer inskuif in die skrefle van die deur waar ek uitgekom het met my jas aan en my hoed en my sambreel en ek het haar gesien onder die trappe met oë verwarde spitse van mane en ek het haar geblinddoek en ‘n prop in haar mond gesit. In die stilte het my kar gegly oor die nat blare na die meer. Tussen die seiljagte het ek haar laat sak en in die maan wat dryf op die water gekyk en na myself gekyk met my hande in my sakke.

24

DIE TREIN FLUIT DEUR DIE REËN

Die trein fluit deur die reën en die spore van my oë skud. Die trein groei in die tonnels van my pupille. Groei maar verklein agter die berg. Ek slaap met my kop op my koerant. My droom skommel. Ek droom ek is ‘n kind. Ek verkoop koerante langs die pad. Ek verdwyn in die berg soos in my ouma se voorskoot. Sy lees die perde vir my oupa wat met sy kop teen sy kneukel op sy kierie dagdroom. Die trein kom soos ‘n reisiesperd deur die reën en die skare onder sambrele moedig die trein aan wat galop deur my koerant.

25

HET JY GESIEN HOE GENADELOOS IS ‘n MAN

het jy gesien hoe genadeloos is ‘n man / short‑back‑
and‑sides
onder sy pet / ‘n man wat nie weet wat hy doen nie
het jy die mens opgekoenekt gesien
het jy gesien hoe ‘n orkes deur ‘n weerlose straat gaan
hansworse in staatspette
het jy gesien hoe ‘n mens in ‘n droom uitgeskakel word
dof word, wegkrimp in die skaduwee van ‘n sel
het jy gesien hoe rotte in ‘n hoek bid soos nonne voor
geweerlope
het jy mens gevoel / afgekrapte pens‑en‑pootjies
die klein tongetjie gil teen die verhemelte
het jy gesien hoe ‘n kopvel krimp en skilfer / in ‘n
elektriese stoel
het jy ‘n asbak van hande gesien
afgekapte tonge van mense wat lieg
afgekapte hande van mense wat steel
geslagsorgane van vegters in botteltjies spiritus
het jy gekyk
na oë wat lieg
het jy gevoel
hoe die hond soos ‘n mantel aan jou skouers
skeur en hoe die spreeus
uit die boorde van jou oë vlieg

26

MARIE ANTOINETTE SE TROUMARS

Die wa wieg
na die guillotine
sy pop uitgeput en strak soos ‘n saluut.
Die wa word verdring in die stroom
stemme. Die skare hou kop
bo water
om ‘n drywende plastiekkop te sien:
die voëlverskrikker­-
bruid wat die republiek salueer.

27

NON

‘n non loop deur die veld
die son skyn op haar
die wind waai teen haar rok
wie skend die non
die non 1ê in die veld
haar wit bene en wit sokkies
1ê oop voor die son
die wind waai haar swart kopdoek
ente van haar kaalkop af
wie het jesus se bruid
se gesig geskend
vir die vermaak van koggelmanders
wat op die heuwel van haar voorkop
die omtrek bespied
rysmiere sak in haar mond
oor haar tong af
soos ‘n span mynwerkers
in ‘n skag

28

KOPVERLORE

Propskiet die hoendernek.
Eenkant. Omgedop. ‘n Vlies
berustend oor die oog. Die veredos
draf spog‑spog twee rye spore.
Ek trek haar uit,
haar krop die ene hoendervleis,
so stekelrig,
so kopverlore
en doodstil.

OPSIGTER: HIGHLAND VIEW-KARAVAANPARK
OPSIGTER: HIGHLAND VIEW-KARAVAANPARK

29

HIGHLAND VIEW‑ KARAVAANPARK
Tydelike ballingskap, Swaziland, 1977

In Kombi’s, tente en karavane oornag die toeriste
elkeen met sy eie karakter waarvan miskien net ‘n tentpen
agter sal bly om te roes in die gras.
In die stoom en warmwater van die stort was
iemand van toon tot strottehoof.
Die mis in die berge trek oop
oor die huisies teen die rante. Die vae houe
van ‘n byl kap ‘n koue
boomstam oop.
Kraaie kom pik hompe brood.
In die wasbak was my vet en aangename
swart mamma skottelgoed. Vir elke vername
broer of suster of kleinkind het sy ‘n slukkie whisky
in die onderste laai.

Ek hoor kinders speel in die grondpaaie.
Ek sien as op die toiletvloer,
‘n dooie by, moddermerke aan die teëlmuur. Ek vloek
by myself met die lus om die vloek iewers in te grif
met betraande oë wat illusies soek,
met my eie steek en my eie gif
teen die verwydering tussen man en moer.
Die lug is helder met hier en daar ‘n vlieswolk.
Op ‘n ander man se transistor babbel my volk.
Dit klink vreemd. Afsydig luister ek.
Vae bekende dinge kom na my terug.
Ek is gedwing om ‘n vreemde seun op te rig,
‘n vreemde brood te deel, ‘n vreemde drank te drink,
my gesig se skaduwee te sien val op ‘n vreemde hek.