Sy woonstel is oopgemaak deur die opsigter. Die binnedeur kon hy, of enigiemand, net gewoon oopstoot, maar die buitedeur was ordentlik gesluit. Hy het sy twee tassies vinnig in sy hande bymekaar gekry en ingeloop. Die plek was netjies. Sy ma het skoongemaak, goed skoongemaak. Jy sou nie kon sê hier het ‘n poging tot moord plaasgevind nie, of miskien is sy oë nog nie heeltemal gewoond aan die lig nie. Hy het sy tas neergesit en so gou as moontlik van die opsigter ontslae probeer raak. Hy is nog glad nie reg om die wêreld weer in die oë te kyk nie. Hy wil net slaap. Hy kyk in die badkamer na die klere wat nog daar hang. Ja, hy het dit gewas en daar laat hang. Dit is kurkdroog. Hy haal dit een vir een af en hang dit oor ‘n stoel in die sitkamer. Wanneer hy so vat na ‘n hemp dink hy aan Faith. Wat sou haar binnegevaar het. Hy moet nog gaan na die ou oorkant, vir hom dankie sê, omdat hy hom hospitaal toe geneem het en ook sommer die storie van hom af hoor, miskien is daar iets wat hy nog nie gehoor het nie.
Daardie dag het hy vasgeslaap