Deur die oog van die luiperd

hieronymus bosch se koringwa

die rebelse insekte swem in ‘n boeg af
na die maagdrots, ‘n markvrou
tussen vrugtebome, God trou
adam en eva, oproeriges word verban

na die aarde die paradys
terwyl hulle daal
kyk hulle met blitsende oë na die vrou, kaal
en dom, “dat pyn bestaan is nodig heer”

byt God se raadgewer hom in die oor,
“mag ons hulle kennis gee
dis demokraties heer, mag hulle naak
mekaar se vrugte aanraak

en vinnig die drif probeer toemaak met bak
hande, blare en lap, mag hulle pyn
hê, heer, en mag hulle inmekaar sak
in die stof, straf ons so, heer”

die hartseer engel met die swaard
jaag hulle uit, nog met skrik en slaap
in die oë, so het dit gekom dat almal loop
agter die koringwa: die nonne wat die sakke van die vet monnik

vol koring maak, ‘n broer wat sy broer keel-
af sny, ministers met politieke kommentators
wat betaamlik volg en vraatsugtiges wat onder die wiele omkom
‘n skare ongediertes leitrek die mensdom in die hel

dit is elke mens vir homself, met homself
selfs seks is net vir die self, die wederhelf
word in die liefdestransaksie: ingedans
en, “ena gee raad” psigosofeer oor wat

ons moet maak met probleme
elke heerser is ‘n antichris wat omsien
na sy mense se belange en sorg dat die wa van onenigheid
nie uit sig raak nie, en niemand

behalwe’n engel kyk op na God
op ‘n wolk bo al die gewoel, in die hel
is elkeen bang hy word nie meer verkrag of gemartel nie
want, dat pyn bestaan is nodig

EEN

I

Redenasie

Ic ben schreeuwen
omdat daar monsters sijn.

Ons pilot in den wolke.
Pilot ben ons aasvoël,
moenie val nie.
Ic skrijf zoo
doelbewus, als ic miskien wil
een liedjie vind, een taal vind
die van mijn dromen sijn
nadat ic een hollandsboek
gelezen heb.
Ic denk ic denk
24 uuren al oor de siel
en de surrealisme en Gezelle
O! lieflike Gezelle in Portugees
ben je een kleine bokkie
op de landskap tussen de monsters
die ek sien uit den hemel.
Gezelle Gezelle opmerklike Gezelle
mijn mamma moet de spaghetti warm maak.
Armenio had vir my
geschrijven van Frelimo en de Dragons.

Monsters ben on de landskap.
Ic schreeuwen on de wolken,
de wolken bo Mosambiek
Cabora Bassa. Je weet, mijn siel,
daar ben kaffers in Kenia wie se
oogen ben branden als een hondje s’n
wanneer de flitslig in hen oogen val.
Ic denk aan Max Ernst,
Dadamax, en je weet daar ben ook nog
Salvador Dali en Magritte
Maar, so jammer, de siel ben
gestorven al in den dertigerjare
toe ons ben nog maar bij de belijdenis
poësie, tachtiger stijl. Word wakker Suid‑Afrika,
jou taal ben een plaastaal
hij ben altijd agter nooit voor
nooit eg. Je taal ben nou se dae
beperk tot beyers boshoff
O daar ben monsters on de landskap

Ic ben een ridder die pilot
op de wolken.
Ic moet den monsters kom doodsteek
wie de profete stil maak
doem. profete.
Ic ben gestuurd van een meester
van mijn siel die ek so baie vrees
De flitslig ben in mijn oogen geval.

Ic weet den politicussen
se oogen skijn als de oogen van de kaffers
van kenia wanneer God
se flitslig in hen oogen val.
O! maak mijn siel so baie stil.

II

sy slaap die bye snork
sy slaap die jakkalse gaap
sy slaap die maan staan naak
wat doen die aap wat doen die aap
sy slaap naak

II – Translation

SHE SLEEPS

she sleeps the bees snore
she sleeps the jackal yawns
she sleeps the moon is naked
what is the ape doing? what is the ape doing?
she sleeps naked

III

Wasbak

pilatusbak
was die messe en vurke
en spiese in onskuld
met sunlight dishwashing liquid

Yskas

fresh farm chicken
ysgepak
vir later
met visse en slaai
vir die engelbraai

Stoof

danielsevriendeindiestoof
soushoender
engel met geplukte vere
braai op sy rug

Broodbord

warmvarsuitdieoond
sny die brood van die lewe
in stukkies op, smeer met braaivleissous

Envoi

Geagte Gulsiges
die beentjies en krummels sal voldoende wees
vir lasarus die brak
vergeet die vlieë nie
ons sal hulle altyd by ons hê

IV

magritte se terapeut
sit teen die wit gangmuur
die deur draai oop

die swart gordyne is toe
twee kuite hang leweloos van die bed
‘n kers wurm op die mat
manson glimlag

die btuid sou in haar swartrok trou
die bruid
se lyf 1ê op die bed
met marmerige oë omgedop

die kers het tonge nog nie gedra nie
manson lag vir die wurm op die vloer

die wind waai in die gang
deur die terapeut se maag
en die wit duiwe van sy skoot
word dronk teen die ruite
deur die swartkatnaels gewaai
korn haal die bruid
die bloed aan haar dye is hard

V

kom in die oggend
want ek ly aan niktofobie
en wanneer die grassaad saans stuif
kry ek hooikoors draai die deurknop
en gaan binne

die vrouens sit met haardroërs oor die koppe
voor die spieël met knippies tussen die tande
vertel hulle stories van
ai die hooikoors maak hom klaar
babbelend stoot vingers materiaal
onder die naaimasjiennaald

die draadloos krap as die naaimasjien aan is
ek skree vanaf die voorhuis. swembroeke 1ê nat
op die badkamervloer, skteeuend stort die kleintjies
hulle kyk na die gat in die sement
waardeur die water verdwyn. ‘n klein handjie
draai die kraan met die rooi en kyk dan
weer skuldig af verby die katotterman

die meid stoot die strykyster
op ons klere in die kornbuis
ons loop saam met julle na die motor
ons sê tot siens. ek gaan tik
niktofobie

vyfuur jil die kleintjies
die TV word aangeskakel
ons draai knoppies
totdat die vertikale en horisontale lyne op die doek
sneeuerige beelde vorm wat loop in ‘n straat
en met elke nies flikker ‘n neonlig
‘n onleesbare advertensie

onduidelik word my oë. ek is ‘n doofstomme
wat myself gaan versmoor in die kussing
ek is bang dat iemand my in die rug sal steek
met ‘n mes, die gloeilamp skakel af,
iemand soos lucifer. my vrou se naakte hand
streel my rug ek voel haar maag teen my sy
en haar ken teen my skouer … ek verbeel my
jasse loop deur die vlokkies en dracula
has arisen from his grave die nuusman sê so
ek verbeel my ek sit skeef in die verduisterde son
en ek voel my vrou se vingers
die katotterman skree in die stort
ek verbeel my dat my vrou ‘n strykyster is

iemand stryk my. ek hang aan die wasgoeddraad
die wind waai
in die venster. ek voel warm naakte vingers
ek wil die liefde versmoor met my arms en met my lyf
sodat die liefde kan lewe.
met my gesig in die kussing
vrees ek die koue lem.
teen my rug as vingers my onder die naaimasjiennaald stoot

VI

met ‘n saxofoon soos ‘n snorkel
duik die paddaman in die s6ance
‘n seeraaf duik ‘n seeperd uit die water
‘n seevark wei tussen seekomkommer
‘n seenimf wag met seebene vir seduksie
tussen pêrels en seesterre
‘n seekoei herkou aan seewier
‘n seekat staan met ‘n vis in die bek
‘n seenimf 1ê tussen seesterre en pêrels
‘n paddaman met ‘n saxofoon
duik af en af in die séance ‘n seepbel
is voor die neus van ‘n seeskilpad beelde verdof
in strome borreltjies

VI – translation

WITH A SAXOPHONE LIKE A SNORKEL

with a saxophone like a snorkel
the frogman dives into the séance
a cormorant dives a sea horse from the water
a sea-pig grazes among the sea cucumbers
a nymph waits with sea legs for seduction
between pearls and starfish
a hippopotamus chews seaweed
an octopus swims with a fish in the mouth
a nymph lies between starfish and pearls
a frogman with a saxophone
dives down and down into the séance a soap bubble
is on the nose of a sea-turtle images dim
in streams of bubbles

VII

my ingewandekoors
sien hoe jy jou inklimgordel
uitklim soos ‘n rekruut uit ‘n renmotor
ek is ‘n rifrughond
in ‘n orkaan in ‘n inham.
ek ruik aan die roeskleur visse
en ritteltit van die koue aan jou robuuste
soos ‘n ruimteman aan ‘n slang

VII – translation

MY ENTERIC FEVER

my enteric fever
sees how you climb out of your girdle
like a recruit from a racing car
i’m a ridgeback dog
in a hurricane in a bay
i smell the rusty fishes
and quivers at your cold robust
like an astronaut on a snake

VIII

jy dra soos jou lieflingsreukwater tussen snuifdoekies
‘n vaal veldmuisie
jy dra dit
in die sagste gereukwaterde lappie
jou waardevolste besitting
koning muis van die liefde
wat die tande van die armes koop
om. die geluk op hulle gesigte te sien
wanneer hulle ryk die tiekies ontvang

IX

Rympie

die meit pô1iesj die hys
ma maak pa se pêre grys
boetie ry dikbek baaik
wie wil vannie hys weghaaik

X

in die doolhof het ‘n kaktoblastis in kaftan geklee
geposeer die voubeen ingetrek
voluptueuspreuts, ‘n volstruis met ‘n
stywe omhulsel van hande op boude, doodmak
doodgewoon bid sy voor ‘n ponjaard die gras
kielie, ‘n gepopel is sigbaar aan
die kameleonasemhaling die popelien die vrankvoshare
is verveel, die muurpop kyk na die doyen

XI

sit die tralies voor jou winkel
dit het laat geword vir my liefde
ek kom nie meer nie

XI – translation

THE BARS IN FRONT OF YOUR SHOP

Bar your shop.
It is too late for my love.
I’m not coming anymore.

XII
na ’n vorm van apolinaire

[image]

XIII

ek gaan een van die dae
trek uit my kamer
die blou deken die rooi wiegstoel
die beeldjies die portrette die boeke
die plate die spieël die hoede die klere
die almanakke die tikmasjien
en die mat kom saam met my

ek gaan my kamer leeg los
ek gaan trek
met my siel met sy eensaamheid
sy aanbidding van die erotiese sy gesprekke met vrouens
en ‘n god
en ek gaan hierdie lyf van my
leeg agter laat

ek gaan in ‘n pers kamer woon
pers gordyne pers mure pers dekens
’n vrou met ’n pers nagrok sal been oor knie suig
aan ‘n sigaret en die kas sal my skaduwee wees
elke laai gepak met my siel
ek sal my hande vryf
en sê: hoe lykit
is jy nou bly dat ek al daardie, goed in die eerste strofe
maar uitgelos het nou’s dit net ek en jy
naakte wolwe hoe lykit

XIV

1
ek en my tas staan in die deur
die mis dryf om die dinge
wat regop staan in die more
‘n stem uit die huis roep
uit deurmekaar hare en ‘n nagrok:
“gaan die absurde tegemoet”­
my verstand word helder
ek steek my sambreel
in die mis die mis voel
aan my en die sambreel
die lug word helder
ek dink aan die dinge wat my omring
deur ’n motorvenster
sien ek die skerp lig dring in skrefies oë
in die deur van ‘n viskafee
karina rook dagga
dit pla my
die suide is gekruisig
in die nag ek dra golgota
op my rug, karina. rook dagga
ek kan dit sien
aan haar hulpelose glimlag
sy dink die mooi droom
die bus tuimel
vliegtuie vlieg oor die maan, dit is my
weloorhoewe mening, welgeluksalig is
boepens christus op die maan
donald. dak en sy trawante
skiet skerp, die rooi kruis
ry suiderkruis toe sy kruis
hang om sy nek

2
‘n seun kwyt sy oog onvermoeid
die legator in ‘n motorskip
swamvlok maan toe
die geerrok op die kussing wys die troef
die ewigheid swamvlok,
mag die almagtige
sy genade wys aan sy volk
in gewyde stilte
staan al die aanwesiges
entoekyk. mnr. bring die
hoofserp nader en nou beweeg
die sekretaris staatspresident
die ampserp nader en hang
dit orn die nuwe staatspresident se nek
nou wens hulle geluk
hier kom die pragtige blouwit perde
van die Suid‑Afrikaanse Polisie aan
dan kry ons die klompie bruin perde
en dan hier kom die motor
met die nuwe staatspresident aan
sy vrou baie elegant in haar rok
en dan kry ons die pantserwaens
die klokke van die stadsaal
beier in die agtergrond

3
die portugees gaan vroeg
die mans in. mure
wat nie die dak raak nie ornring
sy privaatheid. hy trek
sy draad donald dak
en sy trawante soek angstig
oor die mure die sondebok
wat gckruisig moet word
hy moet getrek word teen die suiderkruis
wraak moet uitkom uitkom
uit die geslag
of uit die mans
karina rook dagga hoekom is ek gepla oor haar
gepla met die maan in haar rook
gepla met die boepens christus
gepla met donald dak sim son
sie sô sim son swamvlok sie sô sim son
’n god diep in gedagtes se bestaan hang af
van sy lyf af die klokke beier
hitler staan op. sy hang af
staan op. hulle hang sy serp
orn sy nek sy staan‑op roep sy privaat
die klokke beier sy eerste woorde
swamvlok sambok swamvlok sambok

4
ek staan op na ’n droom ek roep:
word helder dinge:
ek besef dat nugterheid
net in die self kan bestaan
afgesonder, ‘n nagtegaal roep
ek steek my hand
in my keel om te voel
hoe rooi en beweeglik my hart nog is
ek haal hom uit
ek praat met hom
wat die waan van my nagte eindig
ek maak my tas oop
laat sy mis vry
verdwyn tree vir tree
in ekweetniemeerwaariseknie
kan julle my sê ek het verdwaal
dit is straat 2000 hierdie
waar is straat 0
waar is straat 1975
waar is doodloopstraat
daar is ‘n mismaan
sy lippe bewe, ek roep hom,
die winde val grys om sy slape
sy oë lyk blindepyn
stadig word ek gewoond aan die nabyheid
van ‘n swart kruis
ek gaan nader totdat ek voel
aan die koue hout die koue wit voete

XV

ek het my kranksinnigheid kwyt geraak:
die sin wat krenklik betrokke kon wees,
is weg, ek is toegedraai, my kurkgetrekte neus,
my bottelkop wat lekke omdop se kraak
is weg. hel, wat maak ‘n ou nou?
1ê maar rond terwyl die onoorspronklike wind
die bome se hartsnare roer, die rou
karkasse is weg, lipaanbiddend

maak ek luierig dywelbesete seks
met myself, malaf van die rak
lukwarte lê geel en vrot in die bak

vrot is die lukraak
suip‑elende sinne

XVI

waarom is die nag soos messe
wat glinster in hulle hande teen
oë vasgekeer teen mure en reën
bloedhonde draf in nat weer wes

vingers volg name in hotelregisters
agter koerante en rook sit gesigte
agterdogtig, gesigte wat nêrens tuis is
kriewelrig

soos ape in ‘n hok
afrekeningsdag het gekom
staan stil

XVII

vroegherfs

Die kind kom uit die vuil kamer,
kom uit die venster wat verskroei, en uit die langer mandjie
wat vinnig op die swart tafel en wolkerige
boom hardloop; tien takke word drade
en pype; en ‘n tweede vlermuis skiet
korrelrig tot ‘n grys boek en skedel,
dat die hoender in die grondige masker
teen elke skraal stoel witter suig.
O, Hitler, laat ‘n kat kruip:
laat alles beweeg wat ryk en salig is
of lui bottelrig, en blou van die slang;
laat pers word, laat u sneeu staan, laat staan
haar huis op al die kaste, tot dit eindelik wit
en sidderend op die skamper skoen val.

XVII – translation

EARLY AUTUMN

The child emerges from the dirty room,
from the singeing window, and the long basket
which runs fast on the black table and cloudy
tree; ten branches become wires
and pipes, and a second bat shoots
aiming at a grey book and skull,
until the chicken in the profound mask
sucks whiter at every meager chair.
Oh Hitler! make a cat crawl,
make everything move that is rich and blessed
or lazy flasks, and blue of the snake;
make it purple, wait with your snow, edge
her house on all the cabinets, until eventually white
and shuddering it falls on the sarcastic shoe.

XVIII

kom dom dirk kom dom dirk
roep janfiskaal
op draad tussen paal en paal
in die hel dirigeer
hy ‘n orkes van voëls
en sprinkane totdat verbygangers besef
dis sy erf

luidkeels sing hulle die lied
van biltongkerf en aan draad tussen paal en paal
hang pers viole droogte
wat alles sy eiendom is

XIX

die strydwaens
van almagtige god
se exhaustpipes is gebreek

die kat word uit die waentjie
van sy moeder gehaal
totius treur

“hoekom so vroeg al”
die pis‑alm digter

“die arm vrou wat die aalmoesie
in die bibberende alsiende hande van die kerk
gegooi het, het meer gegee
as al die rykes saam”

O pis‑alm digter
Oo aalm gedagte
Ooo gedugte

verbanne christus

Oooo koue oorlog

“maak die blêddie vensters toe
Ooooo Ha‑Tiesj‑Joe”

arme satan huil op job se skouers
op die ashoop

as hoop tog werk
maar o wee
geestesoog digter met die wonder van ‘n verstand:
johan van wyk

“jou blêddie huigelaar
val vrek voor my oë”
snif snif snif snif
totius pis deur sy oë

XX

ars poetica

‘n gedig is ‘n huis
om in te ek
my heining het ‘n hek
almal is welkom
om in te kom

as julle hard genoeg skree
die trompette hard genoeg blaas
sal ek dalk
vir julle ontklee

dalk my oor afsny
dalk vir julle mooi vra
kom bly by my
miskien sal ek ‘n wind laat
in die geselskap van ’n vraat

my huis het baie kamers
waar ek met vele minnaresse kan praat
op sagte beddens

dís tog waar die liefde 1ê
wie wil meer van die lewe hê

XXI

hulle noem my ‘n kunstenaar

cézanne

het mont sainte‑victoire
geteken en geteken
net mont sainte‑victoire

‘n plank het op my hakskeen geval

dis bloed op my hakskeen
dis ek brakkie
dis ek jou baas
wat eetbaar is

die bloed was swart‑rooi

hulle noem my ’n kunstenaar
maar eintlik is ek
’n seksmaniak

of ’n tussenin
’n penisbesinner
’n toebroodjie

jy weet mos, die soort wat mev. fokweetwie
so lief voor is

– dis pyn wat jy eet –

XXII

stuur my tjek aan rembrandt
sê vir hom ek het medelye
die mense krenk my net so baie
velazquez se krenklikes
is fasette van myself

sê vir hom dit is die maerjare van die kuns
die maermanne is verslae
sê vir hom ek het my selfrespek verloor
ek maak broek los op straat

XXIII

vir aimé césaire en opperman

koorsgras koorsbome koorsson koorsmaan
waens wat soos draagbare kronkel
tussen kranse waar die aasvoëls erewag staan
en oogknik en konkel

met God wat die wildernis wou bewaar
van hulle wat mak maak, ontdek
en eendag sal industrialiseer. maer
is die windhond wat hom uitstrek

en gaap langs die rooi vuur
’n geraamte 1ê in ’n wieg
koorsmuskiet en moerasvlieg
word van die hemel gestuur:

nietig is die mense
wat nuwe grense
wil maak wat aftika
wil kersten met die ou sanna

sodat hulle kinders se kinders, diktators
dronklappe, kerkmense, pêrewedders, regters
met romeinse en paswette kan wees. die trekker
trek ‘n mieliestronk deur sy hol.

XXIV

VNAROD – ‘to the people’

toe kaafirkie
mamparra

A mother lifts her baby to the steps
And watching sunbeams piled
Above them utters softly, ‘This is Lenin,
My child.’”

wit gepoeier
is sonder hare

o god
jou pa is mal

ouma in haar cat‑suit
lyk soos spiedie konsales

oupa hoe nie
oupa is nie ‘n uil nie

VNAROD

Rauschenbeck
met sy kwasie ernstige glimlag
sit op die hoogste sport
hy beduie met ‘n sigaret
na die kamera

VNAROD
is pop

oupa is nie ’n uil nie
oupaknikogies
oupa se jan smuts

is ’n uil in ’n raam.
hoe ‑ hoe
oupa se jan smuts is ‘n goeie ou

oupa wil rebelleer
hier is vir oupa ‘n geweer
skiet hom. dood oupa
skiet die nazinaliste vrek oupa

ouma sê vir al haar kinders
god
julle pa is mal

VNAROD
is pop

mamparra, is
wit gepoeier
en sonder hare

hier staan ek lenin
bram fischer
voor my here god
trotski tros & kie
hier staan die beeld
die ewebeeld van lenin
bokkebaartjie
mamparra
sonder haartjie
baie hart baie hard

Rauschenbeck en sy sigaret
sit above them all
and god
down here I feel very small

VNAROD

djy …
djy …
djy. . .
met
djou
djy

o god jou pa is mal

ouma is spiedie konsales
sy’t gekrimp
die kat gaan haar vang
maar god sy is spiedie

kaafirkie
wa’voor sta djy
sta djy vi Bram Fischer
sta djy vi Nelson Mandela
sta djy vi Vorster
sta djy vi Tsjaka

Bram is gevrek
Mandela is gevang
Vorster is …
Tsjaka help god met sy oorloë
hy voer die engele vir die aasvoëls

VNAROD.

XXV

Hoe om prentjies te verduidelik aan ’n dooie haas, vir Joseph Beuys en vir
prof. F. I. J. van Rensburg, kunskenner, wat naam verwerf het met sy
Skryt‑ontledings

jy sit met jou vrot skoene en murmureer met ‘n dooie haas
met jou groot hand vol vraatjies teen sy pens
met jou wit gevlekte gesig en pers tong en tande

jy sê: warm pap en pens en pootjies
dooie hasie verbrand sy mondjie
toe‑toe‑doe‑doe mamma se hasic

kielie innie kooi, poe
hasie kalbassie, snoetjie rooi
ogies wit

hasie hoekom is jou stertjie so kort
hasie wat het van jou stertjie geword
hasie hoe moet die prentjic sit

jou ogies is wit
jou oortjies is plat
jou snoetjie is papnat

toe‑toe‑doe‑doe‑proe
die prentjie is soet
die prentjie is nat
die prentjie is plat
die prentjie is wit
waar hy sit met ‘n dooie basic
in sy skoot

sy skoot is groot sy hande is soet
sy hart is ‘n blomkool sy skoot ‘n tuin
van bloed en lap
sy tong is vol sap

XXVI

Ars Poetica

1 “When I look at the starry sky, I find it small. Either I am
growing or the universe is shrinking. Unless it is both at
the same time.”

Salvador Dali

as jy te na aan die son vlieg
dan smelt jou vlerke

Guiseppe Arumboldo 1527‑1593

fantasie kweek
die mens jou hol. sit
op die wolke
jou voete raak die sand
die miere hol jou uit

’n mens moet die middelweg vind
tussen jou kweker en jouself

as jou vlerke smelt
gaan hulle wat voor jou gekniel het
aan soos tevore
hulle vergeet jou
dis beter so

2 die sittende skim speel
met die mensfantasie
oor honderde jare
snuffel mense soos miere in donkerte
om die hart van ‘n sfink
die terapeut van die wêreld

Magritte

3 ek staan een môre op
tienduisende is
gekruisig langs die pad

aan die einde van die pad
brand die lamp van reg
(marie lamprecht)

kruisig my
vet hoer
ek is skuldig
ons is skuldig

exodus 20: verse 3, 4 en 5

you’re either a jew or a human animal
you’re either part of the synagogue
or you’re a devouring animal
kill each other!
devour each other!
or be converted ‑ a jew

christus antichris

4 ek is mal
en slim en god
en hitler en vorster
en amin
en die paddastoel
van truman

5 Pontormo
Rosso
Michelangelo
Bronzino,
Henri Rousseau
Goya
Arumboldo

6 dwase
waar is die balans
tussen die man en die vrou
tussen frankenstein en etienne leroux?

7 jy is of redelikmal
of malredelik

8 al die kante
waarnatoe
jy loop
het die slymerige hande van kranksinnigheid

9 wie’t gesê god is almagtig
is ’n verlosser
is die donkie wat hy self ry

ons almal ry ons eie donkie

watter donkie?
die donkie wat ons god gery het
ons eie donkie

dankie donkie
jy is ’n dom donkie
jy is nie die simbool van nederigheid nie

10 God maak my onnosel
maak my onskuldig
maak my dat ek kastig nie weet nie
soos daardie ander kastig nie weet nie
van die slymerige groen hande van die poësie nie

dit wat styl het
word stylloos

dit wat styl as doel het
is stylloos maar goddelik mooi
michelangelo tot atumboldo
poussin tot dali

11 God is goed
as jy begryp
God is ernstig!
om te begryp!
God is goed
om te behou
vas te hou te begryp

12 verstaan ons?

13 die uitgeholde skim
wat in die leë tempel
ek‑hemel‑ek
sit

14 die slyinerige groen hande van die poësie
is god wat begryp moet word.

XXVII

boodskap van dada

die digter is ‘n poegaai
kroegpapegaai

hy het kooikoors
rooikoors

hy looi sy vrou
dronkmanskap is sy rooioogkou

waggel bietjie daar
kry jou gesuiplappery klaar

en skryf ‘n leep gedweep,
was jou bal met bier en seep:

’n kommunis
raak die maklikste gepis

XXVIII

Vir Francis Bacon

elektriesestoelpop
blinde opheldering
vibrerende gapende mond
met stokstywe oë
bobbejaan met stuipe
kneukels:

geskokte
tiran op sy troon

XXVIII – translation

FOR FRANCIS BACON

electric-chair doll
blind flickering
vibrating yawning mouth
with poker-stiff eyes
twitching baboon
knuckles:

shocked
tyrant on his throne

XXIX

Automatic writing

die lig is geanker in die naglugkamer
: ’n swaard bo slapendes. ‘n spinnekop katrol
‘n mot in die hoek op

op die bodem waar maanwater spoel
1ê tandelose geraamtes
met kieste ingesuig
’n vis wys sy gesig

in die gapende mond van ’n skoonheids‑koningin
ons grafte is katels
in ’n hospitaalsaal, ons kreun
in ons slaap en ons vat

aan ons skaamdele, die lug spoel
deur die sluise
oorkruipers, motte, miere spartel
in glase met valstande

die dief wat beproef
het gewaarsku, waak
dat u nie diewe afjak nie
hang ‘n kruis bo u bed

sodat die skim
van die vlieënde hollander
nie aan u vasgegrendel raak nie,
of ‘n seekat

nie aan u hart suig nie,
die sandduine verhuis soos kamele
en die seesterre spoel saam
met die wysemanne van slaap

toegekombers onder duine,
van stof is ons gemaak
na stof sal ons terugkeer
die stof herrys

wit en eenparig soos slaapwandelende
kommuniste, elias op die berg
die sosialiste van christus
duinbewoners

ns. He who dreams mingles with the air ‑ G. Schehadé

XXX

vanaf michelangelo tot caravaggio

die martelare beklee ‘n nederige posisie
die hoere sit die naaste aan god
christus seën die naakte hoender
pa wil die stuitjie hê

XXX – translation

FROM MICHELANGELO TO CARRAVAGIO

the saints occupy a humble position
the whores are the closest to god
christ blesses the naked chicken
father wants the pope’s nose

XXXI

josef adonis het oor die tou getrap
by het maria maagdalleen gezep

nou bly hulle in.’n flat
met ‘n melkbottel voor die deur
met ’n badkamervenster
’n flat waar die salvation army kom aanklop
waar die sektes kom bekeer
waar die tramps kom bedel
waar die askaffer, soos vader krismis,
hulle eierdoppe bananaskille papiersakke
en kondome wegdra

as maria in die oggend met oë vol slaap
windalleen by die gordyne staan
sien sy die karre soos ‘n skool visse
in die net van strate gevang
sien sy die koerantboi
sien sy die advertensies met lippe rooi geverf
sien sy apteke en groentewinkels en supermarkets
josef staan in die lavatory
die kind 1ê swygend

die kind praat nooit nie
dit is nie dat hy stom is nie
dit is nie dat by abnormaal is nie
dit is nie dat hy sy ma haat nie
in die oggend eet by rice krispies
deur die dag ry hy ’n driewiel
of skryf hy op die sypaadjies
of loop hy deur die roetbesmeerde stege
met die asblikke

maria onthou hoe sy mondjie
aart haar bors gepas het
hoe sy hom later van die bottel gespeen het
toe was dit purity
en nou rice krispies

maria lees soms vir hom ’n supermancomic
of partykeer vertel sy vir horn die storie
van moses in die mandjie op die rivier
of soms van herodes wat die kindertjies
vermoor het, dan dink sy terug

hoe sy self moes kies tussen ‘n aborsie
en ’n kindjie, hoe die diaken soos ‘n engel
vir haar kom sê het dat die kind ’n kind van god is
en dat ’n mens nie dit wat god verwek het
mag vernietig nie

soms luister hy stom na die preke op die hoeke van strate
loer hy skaam in by kroegdeure
of neem. hy beursies uit die sakke
van verbygangers met goue vingers
tel hy die geld

hy hardloop weg van boelies wat teen mure staan
sy pa korn nie meer huis toe nie
sy ma kry plooie en grys hare
saans slaap die stom seun nou by haar
met sy vuil vingers aan haar bors
en hy droom hy skryf
met sy vingers in die sand
terwyl die wêreld om hom staan

XXXI – translation

JOSEPH ADONIS PUT MARY ON THE POLE

joseph adonis crossed the line
he zapped a lonely virgin
now they are living in a flat
with a milk bottle in front of the door
with a bathroom window
a flat where the salvation army comes visiting
where the sects seek converts
where hobos come begging
where the rubbish man like father christmas
carries away their egg-shells, banana peels, plastic bags
and condoms

when mary in the morning with eyes crusted with sleep
stands in the windy curtains
she sees the cars like a shoal of fish
caught in the net of streets
she sees the newspaper man
she sees the advertisements with lips painted red
she sees the chemists, the grocery stores, the supermarkets
joseph stands in the lavatory
the child lies quietly

the child never talks
it is not that he is mute
it is not that he is abnormal
it is not that he hates his mother
in the morning he eats rice crispies
in the day he rides on his tricycle
or writes on the pavements
or walks through the sooty alleys
with the rubbish bins

mary remembers how his little mouth
fitted her nipple
how she later weaned him from the bottle
then it was purity
and now rice crispies

mary sometimes reads him a superman comic
or sometimes tells him the story
of moses in a basket on a river
or of herod who murdered
the children, then she thinks back

how she herself had to decide between an abortion
or a little child, how the deacon like an angel
came to her and told her that the child is a child of god
and that one cannot destroy
that which was begot by god

sometimes he listens mutely to the sermons on street corners
shyly peeps into the doors of bars
or take purses from the pockets
of passers-by with golden fingers
he counts the money

he runs away from the bullies waiting at street corners
his father is no longer coming home
his mother is getting wrinkles and gray hair
at night the mute boy is now sleeping with her
with his dirty fingers at her breast
and dreams he writes
with his fingers in the sand
while the world is crowding in on him

XXXII

God wou my herinner
aan sy lyding
toe gee hy my spykermerke
presies in die middel van my spykerige hande

my beminde se nael
is ‘n dammetjie
waaruit rooi geel en blou voëls
korn drink

my beminde se mond
is ’n nagtegaal
haar nael.
is ’n spykerkop deur haar lyf in die kruis

my beminde se lippe
het sagte krakies
sy maak haar mond koeëlrond
koel voëls vlieg uitasern
die man in haar buik
het hulle losgelaat
in die winde van haar longe

my beminde my kleurige voël
my nagtegaal gekruisig
aan ‘n houtlyf
God sal my altyd herinner
aan spykers en driftig gekleurde voëls

XXXIII

hulle lei hom. deur die skare
wat hom slaan en spoeg op die trappe
die poppe van nero staan met plakkate
op aandag tussen kolosseumpilare
en verhef die stem
sy ma verkoop viskoppe op die dokke

die minister en sy oogpisters
korn nader, geruisloos meganies
nero in sy kispak vra:
wie is hierdie verslae stommerik wat my trappe op stommel

sy oë antwoord
brandmerke is aan sy hande, sy voete en sy
sy liggaam is verheerlik
en mense lag
vir sy doringtakkroon

hulle juig hom toe met klippe en tamaties
hulle skree: “sien die kornmies reg”
en vir nero wat ‘n toespraak maak,
“Op u vertrou ons heer”
hulle bring ‘n kruis
nero skrik prettig vir hulle bloedlus

en sy waghonde woel aan hulle teuels
die verlatene se ma’tjie verkoop viskoppe op die dokke
sy volgelinge huil eenkant
terwyl spykers deur sy hande dryf
terwyl hy bewusteloos en naby ’n heerlike dood
op sy smal draagbaar 1ê
die vrouens gil
sy opskrif staan bo ‘n heuwel
“koning van die kommies”

XXXIV

geblinddoek met humanisme
sit hy in die gemakstoel
’n biafraan met groot hande
in ’n leë bak kom sit voor hom op die TV skerm
’n dienspligtige is vermoor in die operasionele gebied
’n begrafnis met volle militêre eerbewys word gehou
vyftien terroriste het omgekom in die skermutseling
rekenskap word gegee oor diensplig
een beweer dat Jesus sou gaan veg het
as hy geleef het, stel jou voor
Christus hardloop met ’n masjiengeweer

hy gaan lê met sy gedagtes in dowwe lig
hy kyk na die dak
hy sien sy skaduwee
daar bo in die donker roer
“is ek God?”
,,ek is ‘n mens”
hy vat aan sy een hand
dit is klipkoud “God verlos my uit die klip”
hy probeer aan sy gedagtes vat
,,wie is u God? pyn?
wat is sinvol sonder pyn
u het te veel mense gemaak
hulle klouter al oor die letters van u naam
hulle vloek u oor al die pyn
hulle vloek u orndat u hulle magteloos gemaak het
hulle noem u God
onaaraakbaar alomteenwoordig”

hy spring op sien sy kaal lyf
“ek is ’n mens God, u het ‘n plig teenoor my”

hy vat aan die koue kraan
en was sy gesig
sy bene knak
hy kniel
hy 1ê met ‘n lam arm en hand koud
op die koue vloer in ’n plas water

XXXV

Al maak God vensters in die hemel
kan niemand daardeur kyk nie

wie sit aan die regterhand van God
die Vader die Seun en die Heilige Gees?
‑ Judas Iskariot
die martelaar van God
verraai deur die Seun
gewurg deur die hande van die Heilige Gees in hom

kosbaar is die lewe
kosbaarder is die dood

deur die dood gaan jy deur die poort
en jy sit aan die lang tafel
van die grootste digter God
die Vader die Seun die Heilige Gees
Judas Iskariot Koning Louis die Veertiende
die martelaars
die heiliges
Fransiskus van Assisi
en die heer Lucifer

die Koning sê: ek is die waarheid en die liefde

jy sê: ek sit nie aan u tafel om die waarheid nie
maar om die liefde

al maak God vensters in die hemel
sal hy nie sy verkyker neem
om te sien hoe gaan dit in die midde‑ooste
of in viëtnam of in die hoerhuise van new york
of in uganda, of in die swartkoppies‑gevangenis
of in siberië nie

al spot die kastige nar, Lucifer, daaroor
al verwys by speels daarna
God het vergeet

ons is almal soos Judas Iskariot
dit is wat ons so minlik maak;
die moed vir verraad

as ek vertoef tot more
as ek bly aan die tafel van die Koning
dan sal ek skuldig wees voor die mens

wat is so sterk soos die mens. hy worstel met die koning
hy word deur die koning gedryf
totdat hy die koning
openlik die teken van sy verraad gee

envoi

ons self‑doodgemartelde God
lewendig in ‘n paleis in jerusalem
kon veel meer beteken het
as ‘n dooie God

toe ek my hand neersit
het die skimme verdwyn
sal ek alleen eet aan die kos op die tafel
moet ek vertoef tot die môre
voor ek gaan verkondig
dat daar kos is buite die mure van die stad

die dood is kos‑baar

XXXVI

eenoog‑akkedis, ai
die eenoog‑akkedis, hy kyk en hy kyk
twee maal kantel
voor hom twee maal skuif voor hom
in een

die ruite waarin hy kyk
is sluiers van beweging
die swart swanger nagrok waai

die wind steek sy stok
by die venster in

wie is dit
wie is dit
wat bad saam met jou
wie is dit
wie is dit
wat voor jou verskyn in glas

hy kyk deur water
hy sien
allereerste gees wat op waters van aavang sweef

ek steek my bajonet deur jou gesig
jy rimpel, jy verdwyn as ek terug beweeg

hoe sal ek? hoe sal ek?
ontsla raak van jou
snywurm in gedagtepoel

’n kraan blink, ‘n kraan buig
jou plat beeld: so is jou gees
jy kan hom rek

jy kan hom krimp
jy kan hom buig
jy kan hom deurdringbaar maak
jy kan hom splinter

jy kan met hom mak net wat hý wil

die eenoog‑akkedis
kruip in ’n bierbottel in
die eenoog‑akkedis
kyk deur die bek van die bottel.
na eenoog‑lug
eenoog‑lug wat inspeksie hou
in die bek

ek steek my bajonet in die water
ek dring
deur my gesig
lig ek die bajonet dan het ek ‘n vis
wat sy lyf skud aan die rooi lem

wie is dit wat saam met jou loop
wat verdwyn as ek na hom kyk
wie is dit wat bad saam met jou
en as ek aan hom vat
dan is daar niks

die vis wat ek in die lug hou
om vir jou
oor ‘n afstand te wys
hang stil

haal ek ’n tong uit my sak
dan wil God
swanger van duisende kinders weet
watter een is dit
wat ek stom gemaak het

vra ek hom
om die bierbottel met my daarin

teen die rotse te gooi
dan kyk hy om
en is stom

vra ek hom om my uit die waters
van lug te vis
dan beweeg hy weg

vra ek hom die betekenis
van lyk en vis

dan bly hy stom

hoe lank is hy al stom
hoe lank is hy al sonder tong
hoe lank al is hy
net ‘n beeld
wat jy kan rek, krimp, buig
splinter en deurdring

XXXVII

die here behoed u
met een van daardie stetsonhoede
sodat u vernaam vernuwe is
soos ‘n dienende slap ledemaat
van die kerk
wat met mense verkeer
in sitkamers met die bybel en rugby
in kombuise met koffie en beskuit
in slaapkamers waar u eensame dames kan bekeer
in gemeenskap met die kerk
en sy ledemate
die brood en die bloed
en die sout
sodat u die wêreld vervul met kerkmense

wees behoed vir die dag wanneer die here
korn besoek af‑1ê
hou die bloed die brood die sout en die hoed reg

XXXVIII

jou kaap is geparfurneer
merke van jou laaste aborsie is uitgewis
laventelmaan wil jou kus
jesus christus wil jou bekeer

en vergewe, jy is vasgebind
aan die see die piets van die wit maan
verkrag jou in die piksteel swart pyn‑sing
jy neurie in die waan

dat jy jouself nie, kan red nie, jy sluk
steenkoolmyners in overalls jy asem rook
uit jy hoes en ruk
longkankerig die spook‑

skip van sy lende vaar jou in
jy wil hom wegstoot
jou hande is vas die spook
van jou kind

dryf‑slaap
met ‘n stroom lewe in sy ore
hy is ’n swartskaap

XXXIX

geloof en hoop

hy loop na ’n vyeboom
wanneer daar nog nie vye is nie
hy hoop

wanneer dau nie vye is nie
is hy wat berge kan versit
lus vir vye

die boom stel hom teleur
het die boom sy skepper
nie erken nie

by waarna selfs die wind en water luister
was die boom met legio blare
satan wat hom versoek langs die pad

het die boom nie geglo
toe by gevra het nie
maar wie wou ontvang ‑ Christus of die boom

Here wat wou jy illustreer
deur die boom so te straf
buite sy tyd

of het die boom jou onverhoeds betrap
jy moet glo
nie hoop nie

XL

“Gaan ’n ster ‑ een van die koues! ‑
nie skielik neerdonder met ‘nee’ nie!”

ek is van wyk louw se verlengstuk

vermetel!
meet my

sy gees het in my geklim
hy het my oorrompel
hy martel my

marteling worsteling kastrasie selfmoord

pilatus die vrederegter
was ‘n vet hoer

salomo en hugh hefner
lewe in elegansie

pilatus het vet borste
krummelrige hande
krakerige stem
ouderdom ogies, pilatus klim uit

moet ’n hoer jou uitsuig

van daardie dag af
maak jy my oë skeel en leep

wat was jou laaste gebed
jou laaste ode
hoe was jou oë‑toemaak op jou laaste bed

jou gees het myne gesoek van daardie dag af

lente en somer en ongeluk
en die winter met bloeisels
en met my lende en blomme

jou kranksinnige gees wat nie kan rangskik nie
skik my met ‘n bewerige hart

jy verander my moordlus in genade
christus se moordlus
was versteek in sy woorde
selfbeheersing is die antwoord
vir ons haat en vrees

alles is egosentries
duiwel verlaat my, gaan weg!
ek hardloop weg van jou
met my wit bene bors en buik
tot die aarde my vang
god tel my op, my leep oë kyk in sy oë
sy duiweloë

ek sal jou nie bekruip nie
ek sal jou nie van agter verwurg nie
uithou johan van wyk
selfbeheersing is oorwinning
ja hulle wat ons gees inneem
moet ons onderdanig wees
onderdanig soos die vrouens
wat met lang oë en innige vingers
op die bors van salomo 1ê

TWEE

Matt. 10 verse 26, 27 en 28

Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek
sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat
julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die
siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel
sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

XLI

somerbaiereëns was die beendere
die beendere is nat en skoon
‘n palmboom wys grys die pad
die pad na die see. die see
neem die slawe mee:
sleur en stoot hulle met skuimende branders
en seegras terug terug terug

die swart hande van die bandiete is skoon
die nat gesigte, die blink koppe is skoon
more is sondag more sal hulle paddaspring
paddaspring, totdat die dood
op hulle skouers korn sit soos elia se mantel

die kraaie het elia gevoed
die kraaie sal hulle oë uitpik
hulle spit die wurms uit die grasperke

hy sal in ’n bad verdrink
more sal sy lyk stukkend op die koue sement lê
die man in die blou uniform sal sê
neem hom weg

na die dorre brak land
1ê hom neer waar die wit beendere
die marmer‑trone van die roofvoëls is
waar die swart kraaie op sy skouers kom sit
soos elia se mantel
waar hulle hande,
driehoekig na god smeek
dit reën god huil

god is magteloos
om sy hande op die skouers
van sy mense te plaas

maar god se oë
is die hemelruim wyd
god se oë sal onthou

XLII

hulle wat nooit van moord aangekla word nie
hulle wat nooit van aanranding aangekla word nie
hulle wat professioneel die werk verrig
hulle wat die maskers van die staat dra
die heersers van die gulag‑argipel
hulle wat naamloses se nommers vergeet
hulle wat die bevele gee
hulle sit spekvet saam met ons in die kerk

ons het nooit die gevangenis besoek nie

XLIII

jy is ‘n mens ‘n verweerde mens
die wind van armoede waai teen jou keel
jou oë is geel agter jou bril onmens
jou hande is knopperig jou hare is vetterige kwasstrepe

jy is’n mens soos alle mense
jou probleme is hulle probleme;
armoede werkloosheid eensaamheid
jy is ‘n mens ‘n verwarde mens

dubbelsinnigste mens geskelde skellende mens
ek‑mens geskape mens mens gesmyt
in hoek van verwyt

staan op lamsak
staan op speroë staan op hand
in die Groot hand, tel op die sak. jy.

XLIV

muur wat met hande my rug probeer stut
terwyl bloedgate in my bors my maag my gesig verskyn
muur met die bondeltjie voor jou voete
muur wat nie sy bondeltjie ewige slaap kan opraap nie
muur: God
my siel, ’n voëltjie, vlieg op na jou

XLV

eers onsekerheid: ag nee man dit kan nie so wees nie

later luister jy met woede na die liegstories oor die radio
lees jy die liegstories in die koerante
word jy verbluf deur toesprake

die woede
laat jou te vinnig begin breek
aan jouself en hulle

jy breek met opregtheid
hulle arresteer jou in die middel
van ‘n lesing

hulle martel jou vir 180 dae sonder verhoor
hulle beveel jou om van die 10 de verdieping te spring
van jou vriende gly in die stort en sterf
party bly naamloos

dankie dat dit op hierdie manier moet gebeur
so behou ons opregtheid
so sal ons onthou word

nie soos hulle ons bekend gemaak het nie

XLVI

Teen die tonnellig
vlug silhoeëte droewig
met sakke en tasse oor die treinspoor
– gedoemdes voor

‘n wit skare. Bevestigings van hulle menswees
verban verbrand, hulle is gedoem
om met minder as ‘n mens tevrede te wees
ek bevestig hulle. Met my toedoen

word die rewolusie bevorder, roep
hulle vir regte. Soos David
word ek gevang gesnoer.
Soos Marat.vermoor in badwater

met my wit vel soos melaatsheid sweer ek trou
om die gedoemdes van hulle ellende te bevry
ek verkondig ek is ‘n sosialis
ek sing dit. Afrika hulle mag my

van jou wegstuur maar my gees
sal bly ons
sal oorwin. Wees
vry van wraak

wat ‘n siekte is
soos my vel behandel
hulle wat julle beledig het goed
hulle het geen slaapplek nie.

XLVII

die Dube‑trein kom deur Soweto‑rook
wat laag oor die lokasie 1ê
in die bosse wag ‘n swartvrou
wat gisteraand gerejoice het in ‘n groot tentskare

die trein gaan na pbefni‑stasie
oor ‘n Swartvrou
wat op die dwars1êers en die spoor
slaap

op haar maag, ken onder skouers
asof sy teen die aarde luister of die staat haar hoor klop
asof sy haar ore wil. Beskerm teen die stoot en blaas

omstanders kyk, Dugmore neem ’n foto
alles is verby
hulle kom haar haal sonder vrae,
hulle neem haar weg sonder vrae

XLVII – translation

THE DUBE TRAIN

The Dube train comes through Soweto smog
lying low across the township.
In the bushes a young woman waits,
a young woman who rejoiced with the congregation

last night in the great tent.
The train is going to Pbefni station
across a woman
that is sleeping on the sleepers

of the railway line under her stomach,
chin under shoulders, as if listening
if the state hears her knocking,
as if she protects her ears against the puffing and pushing.

The crowd looks on. Dugmore takes a photograph.
It is all over.
They come for her without questions.
They take her away without questions.

XLVIII

loop radi‑kaal: dink, skryf
met jou eie kop
aan die steel van jou lyf

dink agterstevoor
as die pen in jou vingers verstyf
en jy begin kop verloor

skryf die visioen
laat die tirannie nie onverstoor
draai die wiel

XLIX

na gedigte van agostinho nato

wie maak die witman ryk?
boss boy

die boss boy slaap met luise in die kampong
sy vrou se heupe beweeg op ‘n karos
in die stroois,

hy byt moederaarde daagliks
reg in die hart
met bore wat teen sy hart stamp

sy een oom is ‘n waiter
sy ander oom ‘n plaasarbeider
sy ander oom ‘n driver
wie maak die witman ryk?

hy wonder of hy messe en vurke moet koop om mee te eet
die kinders speel met ‘n sakbal

die kinders van baie pa’s

wie maak die witman ryk?
wie gee die witman ‘n swanger maag,
‘n kar, ‘n huis, messe, vurke
en kos vir die honde en die asblik

L

staan op
wanvoeglike snywurm en snymoer
en wangelowigste wydte

staan op
kragstasie, aartappels
en kurt schwitters

staan op
snotterigste wydsbeen sagryn
agonie sweisers

staan op
ysige yl
sadige sodom

staan op
wurmvrye wydte
weeluis

en eva
en wyl
en wyle

sak af
wulpse droesem
wufste wuif

gaan uit
geykte ydeltuit
johan van wyk