Maar na ‘n beroerte, en ‘n aanval op sy lewe, het Johan van Wyk afgetree.
In Gillespie Straat-Slenters het hy sy indrukke van die Gillespie Straat-omgewing in Durban beskryf,
dit is ‘n plek waar die nuwe Suid-Afrika letterlik met groot opwinding tot stand kom; ‘n plek wat herinner
aan Sophiatown, en miskien nog interessanter. Hy beskou die verval en vernuwing vanuit die
venster van die woonstel, 27 Oxford Huis. Oxford Huis is ‘n art-deco gebou waarin alles skeef
ontwerp is.
Die slenters bevat indrukke oor die literatuur in die algemeen, en die Suid-Afrikaanse
literatuur in die besonder. Dit bly losse indrukke, in haas gekraam, en met die doel om die lewe en
die literatuur weer bymekaar uit te bring.
Sy epos-adres is johanvanwyk@lantic.net
‘n Uitruil van gedagtes met persone wat die rubriek lees word verwelkom.