Oë in ’n kas

01 – Die uil

Die uil land grootoog
in die grondpad
die duiwel kriek sy viool

02 – Uitgeskryf

Uitgeskryf. geen woord met ‘n omringende wêreld
kom meer in die nag of die donker binnekant
van die dag
na die lyk.
Die vrou met haar boude 1ê voor die TV
getroud met die spook
‑ hy dwaal nog deur checkers agter ‘n
trollie aan
‑ ry nog bus met die oues van dae
‑ dra die kind in sy arms,
maar hy voel
niks is syne me
en die woorde wat lewe bring
het hom verloën
en daar is geen einde aan die tyd meer nie.
Die kritici en die taal het gesterf met hom.
Die engele wat volop vreugde in die lug was,
wat geklou het aan die lugreëlaars,
gesweem het uit gloeilampe,
gedans het bo soldate‑optogte,
het onsigbaar geword
en fluister nie meer nie.
Hulle stuur hom na sy graf,
kyk van die plafon af na sy lyk.
Hulle is stroef.
O ja, eenmaal het hy sy klere,
skilderye verbrand.
Dit gebeur klaarblyklik met elke rewolusie,
dié uitleef in vIamme,
die wil om uit vIamme kaal in ‘n wêreld
in te stap
met voëls en rotte aan die voete
en die son wat van binne brand:
‘n kind van die Here.
Dit is hoe hy gebore is, dit is wat hy wou wees.
maar die dooies was oral in die dorp.
Die fluoorligte kan die grafkelder­-
interieure van kerk, winkelsentrum, skool, hof en hotel
nie versteek nie.
Orals geld
die wet van die dooies:
wraak, pantsering, produksie en die blommerangskikking
van sy ma
wat die dood in hom ingebring het
en sy engele besweer het.

EXHAUSTED

Exhausted: No word with an encompassing world
appears anymore in the night or the dark interior
of the day
to the corpse.
The woman with her buttocks relaxes in front of the TV
married to the ghost
– he still straggles through checkers pushing a trolley
– still takes the bus with the aged
– still carries the child in his arms,
but he feels
nothing belongs to him
and the words bringing life
have deserted him
and there is no more end to time.
The critics and the language died with him.
The angels full of joy in the air,
who clawed to the air-conditioners,
who were shining light bulbs,
who danced above soldiers parading,
became invisible
and do not whisper anymore.
They sent him to his grave,
look down from the ceiling at his corpse.
They are morose.
Oh yes, once he burnt his clothes,
paintings.
Apparently it happens with every revolution,
the consummation in flames,
the will to walk naked through flames
into the world
with birds and rats at the feet
and the sun burning from the inside:
a child of the Lord.
That is how he was born, that is what he wanted to be,
but the dead was everywhere in the town.
The fluorescent lights cannot hide the tomblike
interiors of church, supermarket, school, court and hotel
anymore.
Everywhere
the law of the dead:
revenge, armor, productivity and the flower arrangement
of his mother
who brought him death
and exorcised his angels.

03 – Oorkant die spoorlyn

Oorkant die spoorlyn
in ‘n uithoekie van die hawe:
die lêplekkie van die boemelaars,
besittings in plastieksakke en vaal komberse.
Die vlakwater is hulle bad.
By die seiljagte op droë grond
skop hulle nes.
Hulle het die beste
sonsondergange en sonsopkomste.
Die leier met sy vaal rooi trui, wit hemp
wat oor sy jeans uithang,
ongekamde wilde blonde hare
strompel met lang bene
na sy meisie:
verdeling van sigarette
1ê met sy kop op haar skoot
en ek kyk by die woonstelruit uit
oor die tafereel,
‘n moffie met ‘n sigaret in die mond word deur ‘n hond aan
‘n riem
vorentoe getrek.
Ek kyk.
Tussen my en die waarheid
vleg die motors dromend
gereguleer
en hang die kokosneute in die hoë palms.
Tussen my en myself
‘n baba wat al uitreikend begin loop,
‘n vrou met haar seer toegedraai in kaftans en tjalies,
‘n Sondag‑middagmaal wat wag
en oorkant die spoorlyn
in ‘n uithoekie van die hawe
het ‘n boemelaar en sy meisie
vir hulle ‘n lewe afgekamp.

ON THE OTHER SIDE OF THE RAILWAY LINE

On the other side of the railway line
in a remote corner of the harbor:
the haunt of hobos,
their possessions in plastic bags and ash-colored blankets.
The shallow water is their bath.
Under the yachts on dry ground
they make their nest.
They have the best sunsets
and sunrises.
The leader with his ash red jersey, white shirt
hanging outside his jeans,
uncombed wild blond hair,
limps with long legs
to his damsel
and exchange cigarettes.
He lies with his head on her lap
and I view from my flat
the scene,
a moffie with a cigarette dangling from his mouth is pulled
by a dog on a leash.
I look.
Between me and the truth
cars weave dreamily
regulated
and coconuts hang in high palm trees.
Between me and myself
a baby giving the first steps reaching out,
a woman with her pain wrapped in caftans and shawls,
a Sunday midday meal waiting
and across the railway line
in a remote corner of the harbor
a hobo and his damsel
fenced off a life for themselves.

04 – Werkloosheidsversekering

Al die boys met die wit kaart na
tweede deur aan die anderkant van die gebou…
Die joblose ouens staan daar tou,
kap ‘n laaste sigaret,
mak ‘n grap met ‘n kennis in dieselfde bootjie.
Die gryskoppe is baie.
Die gaar gesigte vertel die storie.
Gemaklike kortmouhemde hang los uit die broeke.
Hulle suffer nie te veel nie:
Al fok die regering hulle rond,
kan hulle nog ‘n paar bucks spaar vir die perde en dop.
Vandat ek op skool was, was ek
een van die ous
wat altyd laaste gekom het,
die ouens wat noolt gekys was nie,
of die wat altyd in die’kak was,
‑ die ander klas ‑
die st. 3‑pinball wizards,
winkeldiewe ‑ die kinders van die Here,
“Ons is Elvis se mense.” ‑
Nou sit ek hier tussen die boys
met Nietzsche se Beyond good and evil
en ek soek ‘n bewussyn op hulle gesigte:
‘n Lenin‑baardjie, Trotsky‑bril,
iets wat vertel van verset,
maar al wat ek sien is amper‑boemelaars
of waardige boys baie na aan aftree.
Hulle suffer nie eintlik nie.

UNEMPLOYMENT INSURANCE

All the boys with the white card to
the second door on the other side of the building …
The unemployed waits there in a queue,
smoking a last cigarette,
making jokes with acquaintances in the same predicament.
The gray heads are many.
The worn faces tell a story.
Loose short sleeved shirts hang from their pants.
They do not suffer too much:
Even when the government fucks them around,
they can still save a few bucks for the horses and a tot.
Since schooldays I was
one of the guys
who always came last,
who never had a date,
or who was always in the shit,
– the other class –
the delinquent pinball wizards,
shop lifters – the children of the Lord,
“We are Elvis’ people.” –
Now I’m sitting here among the boys
with Nietzsche’s Beyond good and evil
and I seek signs of consciousness on their faces:
a Lenin beard, Trotsky spectacles,
something speaking of resistance,
but all I see are near-hobos
or dignified mates close to retirement.
They do not really suffer.

05 – Die nimf

Die nimf
Na aanleiding van iets uit die Rococo

Die nimf wys aarselend ‘n driekwart­
gesig agter seegroen fluweel.
Vingers kom haar geskubde handskoen uitgepeul.
Teen ‘n vergulde spektrum seerose tik haar hart.

Haar gitswart pupil dartel.
Skaduwees bevinger die kieuvlieskeel.
Kant beskimmel netvlerkig die eelt
wat uitskulp uit borsweefsel.

06 – Vader Vark

Vader Vark
het na die oorlog gegaan en Moeder
die riviersloepmaagd is in rosige stukke
gekruisig; daar is rommel op die dokke,
die flou aroma van spelende robbe
en die klank van sy horing
op soek na ‘n dooie nimf.

Vaarwel my effens bevlekte held.

07 – I

Die skilder was doenig in sy karavaan om die veer­-
vorm van sy oog op die kwaspunt
Aan te dik, toe die MP onseker in die deur
Homself aanmeld: terpentyn‑bedwelmd.

Die asblou landskap na die gevangenis was barok.
Binne sy oogkasse agter sy handpalms
Het hy homself weggesluit. Knielend op die vloerblok
Vryf hy sy vaal gesig uit die sementwasem.

Hy teken twee hande in gebed vir die kok.
In die skemer voor ete tydens roll call
Dwaal sy gedagtes en vergeet hy sy naam in ‘n roosknop:
Oranje, sonsonderoranje by die deurgrendel
.
Die gevangenes skarrel, maar hy het gestol.
Uit die roosknop sien hy ‘n kuiken loswikkel.

08 – II

In die blombedding fuif bronstige makoue.
Die bedompige Desember‑hitte.
Bo die vuurherd hang kerskaartjies oor ‘n tou.
Sy pa sluimer in op ‘n tuinstoel in die aandskemer.

Hy sit met die handgranaat uit die boektrommel
In sy klam hand: Aartjies vertak
Op sy gewrig. Sy pa sit in die tuinstoel besonke.
Die swaeltjies maak nes onder die stoepdak.

“Dit is soos ‘n bier oopmaak,” dink hy.
Dit borrel oor op die mat:
‘n Soort sissende lewe wat gedy,

Sy pa sluimer in in die tuin.
‘n Skrotum gelaai met swael
Lê in sy lewenslyn.

09 – III

Tussen die boompies ‑ daar was ‘n veldbrand ‑
Knars geskroeide graspolle onder jagterstewels
Op soek na ‘n smaragfisant
En verdwaal in ‘n naoorlogse rooknewel.

‘n Helikopter hang in slierte bobbejaantoue.
‘n Koptelefoon slinger van ‘n kopbeen.
Die jagters kan hulle pad terug nie onthou.
op hulle ontlaai ‘n kernreën.

Flitslampe van weerlig laat die skadubeelde
Van twee druipende jagters opflikker
Met gewere en modderbesmeerde kneukels.

Hulle sweet kwiksilwer,
Met hulle stewels in die suigende dryfsand
En kom af op ‘n skitterende fisant.

10 – IV

Hulle gaan ‘n polisiestasie bou, hier
Waar sy matras op die vloer 1ê. Hy
Flikker sy aansteker teen ‘n sigaret
En soek na blyplek in die koerant,

“Jack was hier” is gekrap op die deurkosyn
En ‘n hart met ‘n pyl daardeur. Sononder.
Hy tap uit ‘n karton ‘n koppie wyn.
Die ligte gaan aan in die wolkekrabbers.

Wat gaan word van die straatkat en werk
Is skaars. Op die sypaadjie is ‘n winkeltrollie
En in die posbus ‘n strooibiljet van ‘n sektekerk.

Die kat besnuffel sy werklose hande:
Die geelgerookte vingers.
En kom om onder motorbande.

11 – V

In die maanhalo hang ‘n wolk vaalwit.
By die strooise klits vlamme in ‘n konka.
Tussen die pampoene in die stoorkamer
Streel oor haar bruin borste sy flits.

Die haakspeld in die bont kombers het sy
Om haar broeiende maag losgeknip:
Tussen haar bene in die maanhaarpaadjie gly
Hy binne ‘n klonterige modderlip.

Die man agter die nou venster het sy
Flitslig op die afgeglipte kombers geskyn.
Op ‘n pampoen boor ‘n verdwaalde heuningby.

Die nag het hom agter mure en glas
Toegesluit. Hy stuit teen sy weerkaatsing
En soek na die ontwykende pas.

12 – VI

Die kwaadsteker‑kupido (duiwe
Mankoliek aan toutjies ingespan) leun
Met sy pyl en rammetjieooghare
Op die satyn oor die marmervoetstuk.

Watter gevoelens, krop in die meisie op?
Uit ‘n skatkis met pêrelhalssnoere
Hou sy ‘n donker spieël regop.
‘n Sater spoeg fonteinwater oor haar voete

Agter struike en ‘n paar bloekombome.
‘n Besie dryf op ‘n blaar en ‘n padda
Hang aan die oppervlakte met sy tone.

Die son borduur haar rooibruin hare.
Onder die lelies, viooltjies en wilgers,
Word sy in die kompos begrawe.

13 – VII

Die vislyn in mosgroenwater.
Die wolke is groot vroue in korsette
Wat opstaan uit die hawer
En buig oor spieëlende water.

Hulle was die besies en gekneusde
Hawer van hulle sterk bobene.
Op die klam grond wemel semenwit
Larwes in die skaduwee.

Die vislyn sjor in die mosgroenwater.
Op die bodem voelhoring
Pyn en hunkerende bekoring.
Ruk die ingewande van ‘n baber.

Op sy handpalm beloer
God die deursigtige erdwurm.

14 – VIII

Die opslagdorpie was ‘n mynersnes.
Om die stoeikryt het hulle saamgekoek
‑ ‘n Byenes ‑
Met geld op wenner, verloorder geboek.

My pa vertel een Nuwejaarsaand
Onder die sterre: Hy moes lyfwag
Speel vir ‘n Jood. My ma het jakkies oop-
En toegeknoop voor skares as ‘n model.

Ver bokant my oukêrel se tuinstoel,
Dié waatlemoen‑soel aand,
Het ‘n satelliet verbygeskiet.

Ons skiewies het skurwe poot
op die gras gesit by die skottel
En geteug aan ons koeldrankbottels.

15 – IX

Onder die straatlig by die robot oorkant die hotel
Trek die vrou haar rok oor haar kop
En strek in die middel van die oorgang uit ‑ donker
Borste hang van haar okselkroese.

Die motors steek ligvoelers na haar uit.
Hortende benoude toeters baan om haar.
Agter stuurwiele tas opgewonde bleek
Larwe‑oë na haar liggaam.

Verkykers kom uit op balkonne,
Skadubeelde van mense: die kaal
Vrou op hoëhakskoene

Klim by die vangwa in. Agter die slot
Vou vlermuisvlerke om haar,
Hang sy van die dak van ‘n grot.

16 – X

Die vrou stofsuig dooie vlieë uit die mat.
Op die bedkassie staan ‘n insekdoderblikkie. Sy vryf
Die kasspieël, verwyder ‘n spinnekop uit die bad.
Met ‘n sonbril 1ê hy op die sofa en skryf,

Kyk hoe die uitgeblaasde rook die lug in kurktrek.
Op sy neus sit die swartkoppies soos vlieëmis.
Haar slakkegang gaan van vertrek tot vertrek:
‘n Huis vol speekselgedagtes.

Teen haar bolyf ontsloop sy the kussing.
In haar aarvertakte buik
Swel ‘n speelpop.

Die tabberd skuif oop waar sy skrop,
Sy sien hom staan in die deurknop.
Sy hand in ‘n handskoen wring.

17 – Voedoe

Die boggelrug met sy kamera
tor om die vrotvrugte
onder die verekombers.
Die gehoor se gevrete
is ‘n armlengte weg
en die bevryding word ‘n grap.
Die akteurs spoel weg
in die branders
van ‘n handegeklap.

Hy het homself weggegee.
Hulle het gerol uit ‘n mat.
Van nou af is dit stilte,
stilte, stilte. Hy sit
in sy onderbroek op ‘n kombuisstoel.
Sy slaap met ‘n hond
onder haar bed.
Sy gedagtes maaier
want ‘n toneel
het verander in ‘n wet.

18 – Dameskroeg – Hotel‑Europa

In die dameskroeg, Hotel‑Europa
flikker ‘n rooi lig in my bierglas,
dreineer ek my van menslikheid.
Die hoere klou aan die Mans soos sere.
Hier word ek so eensaam
en so ongelukkig
dat om uit te pass
die sin van die lewe word.
Die mense wat ek die liefste het
kan ek hier uit my sisteem uitkry:
rook wat deur my neusgate ontsnap.

19 – Dreun van ‘n geyser

Die dreun van die geyser,
die toiletbak wat volloop,
die radio’s, platespelers, beeldradio’s,
motors, motorfietse en meubellorries
sink in.
Kinders speel wegkruipertjie op ‘n vensterbank
van ‘n woonstel.
‘n Vrou met kaal ferm borste
leun by ‘n venster uit in die son.
‘n Kakkerlak hardloop in ‘n visbak.

20 – Netkouse

Met haar netkouse afgetrek tot op haar knieë,
met haar rok opgetrek om haar boude,
met sweet op haar moesie
is sy teen die muur.
Buite warm ‘n motorfiets op.
Die opsigter kom die trappe af.
‘n Deur haal asem.

PANTYHOSE

With her pantyhose pulled down around her knees,
with her dress pulled up around her buttocks,
with sweat on her beauty spot,
she is against the wall.
Outside a motorbike revs up.
The supervisor comes down the stairs.
A door is breathing.

21 – Rooksirkels

Rooksirkels
gepof
uit skaamlippe
in die kamer
met die straatlig
buite die gordyne.

SMOKE CIRCLES

Smoke circles
puffed
by labia
in the room.
Outside the curtains
a street light.

22 – Oggendtoneel

Sy steek haar kop by die woonstelvenster uit.
‘n Rot besnuffel die lug.

23 – “The supervisor is finished”

“The supervisor is finished,” sê die skoonmaker.
Ek het haar skaars geken:
Die vrou met die spatare, krullers,
Italiaans. In haar nagrok
het sy ‘n boodskap aan my deur kom klop ‑
‘n deur deur kewers uitgehol ‑
daar is trommels op pad.
Die karweiers het verdwaal.
Ek moet laat weet wanneer hulle arriveer.
Ek het toe nie
en nou is sy dood.
Die trommels staan in my kamer
en ‘n radio wat Ma gestuur het;
dit sal die alleenheid verdryf.

24 – Bunny Brits

As ek my in die arms van die Uniegebou bevind,
kom daar ‘n gevoel van equilibrium in my op.

25 – Meneertjie

Die meneertjie kruip al weer sy moer suur.
Ek wil nie, nou iets drink nie, my tande
sal heeltemal oppak.
Die baba begin huil vir die rooi bal.
Die baba vreet die Bybel op.

26 – Mamma

Kan mamma net haar vuil gat skoonmaak,
mamma is ‘n vuilgat.

27 – Morsekode van vlermuise

Die morsekode van vlermuise
en motorfietse op die hoofweg in die verte
‘n baba gevang in ‘n kot

28 – Van Gogh in ‘n tent begrawe op die berge

Van Gogh in ‘n tent begrawe op die berge van Swaziland
eet ‘n lemoen.
Sy ma
kon die duiwels
nie uit die voëlverskrikker dryf nie.
Die skoolhoof kon dit nie uit hom moer nie.
Die predikant kon dit nie uit hom preek nie.
‘n Paar maande later
is die lyk opgetower
in ‘n militêre hospitaal
tussen twee Jehova‑bewakers
met Rl’s swaar in die hande
en met sy strooihare op sy skouers
is hy onderdanig gemaak
aan die deursigtigheid
van ‘n uniform.

29 – Twee Jehova‑getuies met R1’s

Twee Jehova‑getuies waak met R1’s
by die voetenent van die hospitaalbed
(hulle het maar aangesluit).
Die gevangene lê bedwelmd
in die saal
waar die sersant met die bossies teem,
waar die parfuum van die drag queen
in die lug aandik,
waar histeriesgeworde pasifiste
hulle T‑hempies, jeans en lang hare
inruil vir gestreepte pajamas, short‑back‑and‑sides en twyfel‑
agtige
kapsules
en waar ‘n geval
die maanskyn uit die vloerplanke
met ‘n knipmes probeer kerf.

TWO JEHOVA WITNESSES WITH R1’S

Two Jehovah witnesses watches with R1’s
at the end of the hospital bed
(they decided just to sign up).
The prisoner lies drugged
in the hall
where the sergeant with the horrors whines,
where the perfume of the drag queen
thickens in the air,
where hysterical pacifists
turn in their T-shirts, jeans and long hair
for striped pajamas, short-back-and-sides and questionable
capsules
and where a case
tried to carve from the floor planks
the moon glow

30 – Droom

Die slaaf is in sy moeder toegeskulp.
Moenie tussen die vingers
die pasgebore bleek muis
in die lig verbrysel nie.
Die perdebegraafplaas
is modderig met lyke, fyn blare,
en twee kaal moffies
in ‘n sleepwa ‑ dit is skemer, kampeertyd.
Onderdanig aan Dieselfde, die Ander
kakkerlak.
Trek ‘n seil oor die gesig van sy pa,
oor die lyf van sy pa
in die son.
Die man op wie hy verlief was.

31 – Descartes en sy kadawer

Descartes, die kadawer-­
uurwerkasemhalingsmasjien,
maar die siel ken sigself nie,
nie in ‘n spiedl – ‘n glas met verf agterop ‑ nie,
rnaar wurm weg in die pynappelklier
sonder vorm of skoonheid,
skei die denkbeelde, die spieëlwêreld
waar alles verdubbel, verenig, af.
Ek is dié hand,
veral die begeesterde hand
wat wag op die bevel ‑ die onafwendbare
afskeiding, gespin,
maar die hand vrot af
word ‘n steenvlerk.

Die heelal dikgeroer
met sterre
in die donker brein.

Ek voel, ek sien, ek hoor, ek proe, ek sterf
deel van ‘n lewende mag
wat my laat dink ek dink.

32 – Die steeg

‘n Ou man op krukke in die nou straat tussen die geboue,
‘n Meisie met ‘n minirok en ‘n donker bril tussen die geboue,
‘n Matroos,
‘n Polisieman in die nou straat.
‘n Motorfiets in die nou straat,
‘n Vredesteken in die nou straat,
‘n Platgetrapte duisendpoot in die nou straat.
Tussen die geboue
Die steeg
Waar ‘n kind op ‘n driewiel gebore word
Met ‘n visstok
Waar ‘n hond vassit onder ‘n hek.
Die sjinese restaurant op die hoek.
Die steeg.
Die steeg.
Die steeg tussen die geboue
Weggesteek onder ‘n handdoek.
Die weemoed.
Die weemoed van die steeg.
Die weemoed van die steeg waar hy verlore is.
Die werklose steeg.
Die hande van die steeg.
Sy ma die steeg.
Die maan bo die steeg.
Die verlate
Toe‑oë32
Die steeg
n Ou man op krukke in die nou straat tussen die geboue,
n Meisie met ‘n minirok en ‘n donker bril tussen die g~;:,
‘n Matroos,
‘n Polisieman in dienou straat.
‘n Motorfiets in die nou straat,
‘n Vredesteken in die nou straat,
‘n Platgetrapte duisendpoot in die nou straat.
Tussen die geboue
Die steeg
Waar ‘n kind op ‘n driewiel gebore word
Met ‘n visstok
Waar ‘ n hond vassit onder ‘n hek.
Die sjinese restaurant op die hoek.
Die steeg.
Die steeg.
Die steeg tussen die geboue
Weggesteek onder ‘n handdoek.
Die weemoed.
Die weemoed van die steeg.
Die weemoed van die steeg waar hy verlore is.
Die werklose steeg.
Die hande van die steeg.
Sy ma die steeg.
Die maan bo die steeg.
Die verlate
Toe‑oiS
Steeg.
Die steeg slaap die roes af.
Die flou lig
In die steeg
Met sy vryheid van spraak.
Steeg.
Die steeg slaap die roes af.
Die flou lig
In die steeg
Met sy vryheid van spraak.

33 – Woorde

Sonder die woorde,
die woorde,
die eerste woorde
‑ die hand ‘n lomp voël ‑
sonder die hart,
die hart,
die hart
wat pomp
met die oë in ‘n kas
kan jy nie tot stand kom nie
lomp sprinkaan, eenbeen,
klavier in die reën,
kleefbom
en die soldaat in die telefoonhokkie
probeer deurkom
na die nommer
op ‘n papiertjie
om nooit weer terug te gaan
na die huis, kerk
en werk,
die leegheid,
die leegheid tussen kreunende bene,
die leegheid van ‘n nek‑omgedraaide
telefoon,
die leegheid van om nie meer te wag nie,
nie meer te wag
vir ‘n opdoemende werklikheid:
‘n vrou in die kattebak.
Kan hy weer so leeg wees
dat niemand deur hom kan slen nie
op onvaste voete
by ‘n parkeenneter in die nag
as slaap in die bosse wag
tot die mossies orn ‘n kraan begin spring,
die lig weer lewe bring,
hy weer tot die dood deurdring,
weer tot die dood
tussen eerste woorde deurgedring.

34 – Dans van die sjamaan

Kan ek in die aarde versink,
in die rivier af vis
of vlug in die lugstrome,
kan ek julle weer terugbring?
Julle wat nie gegroet het nie.
Kan ek julle weer uitsoek
in die vertoonvensters van die hiernamaals?
Vriende wat nie antwoord nie,
vriende wat nooit daar was nie,
want tyd is my skepping
en herskepping.
Kan ek julle terugbring teen die wil
van die Wil?
Kan julle weer lê in baarmoeders?
Die lig en die dood weer ontdek?
En die musiek
wat vanself moet kom?
Kan ek julle weer vind
waar moeders julle koester
of op die rug van die wind:
vriende van die jare
wat nie gegroet het nie?
Kan die spore van my dans,
versvoete,
julle weer uit ‘n diepte
wat ek self nie ken nie
vlugvoetig
opraap?
Kan ons ons, die self, onthou?
Die riviere ontplooi oor die kaart,
liggies flikker in vertes.
Ek word dragtig aan fluisterstemme.

DANCE OF THE SHAMAN

Occasional poem for the departed

Could I sink into the earth,
Eel down a river
or flee into currents of air?
Could I bring you back again?
You who never said good-bye?
Can I find you again
in the shop windows of eternity?
Friends who do not answer.
Friends who never were,
because time is my creation
and recreation.
Could I bring you back against the Will
of the Will?
Could I lay you down again
in the arms of mothers?
Could you rediscover the light and death
and the music
that should come by itself?
Could I find you again
in pampering mother earth,
friends of many years
who did not say good-bye?
Can the steps of my dance,
the metres of my poem
grab
you fleetingly from a depth
that I do not know myself?
Can we remember the self?
The rivers unfurl on a map.
You become whispering voices.
I’m pregnant with whispering voices
and silence
because you are no longer there.

35 – Besetene

Hierdie eter van luise, vlooie
verorberaar van kopkool, hierdie, etter
sal my nie dryf uit my kleine slet nie.

Die kleinboer met sy dogter aan ‘n tou
agter die heilige Bernardus aan
en hy het haar neerge1ê aan sy voete.

Klein Bernardus sal my nie uitdryf nie,
hoe graag sou ek wou vort
uit hierdie hoer.

‘n Plakkaat dra om haar nek
“IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS
BEVEEL EK U OM HIERDIE VROU ALLEEN TE LAAT”

Met skuim in die mond.
Sy het gebewe en op die grond gerol.

36 – Lied van vrede

Wat het geword van die braakwind, kamerade?
Ons het brood en huise, vir almal.
Waar is die mense,
wat geglo het die planeet
is ‘n brandende skip in die heelal?
Daar is winter en daar is somer,
‘n tyd van tortelduiwe,
‘n tyd om opnuut te ontwaak
in die bouval van ons wêreld.
Luister hoe die windpomp
vertel van ‘n tyd wat verby is.
Die magtiges kerm in die boorgat,
Die nederiges leef in die groen.
Ek is ‘n handwerker tussen die bosduiwe
en ek werk aan my lied van vrede.

37 – Miertjie

Die deursigtige miertjie fynkam die balpuntpenwoorde
afgeskei op die wit
vel papier en voel wil‑wil
onder die skuiwende
hand.
Hy loop draaie lig-­
gelowig soek‑soek: en ek?
Hoe dryf hy
my hand tot sekresie, my oë
gesluit vir sig‑self, slegs
‘n hol spieël, ‘n kamer gevul met
‘n klein bewerige miertjie op ‘n
wit vel papier ‑ ek wat ek
afskei hier asof daar geen grens
is, asof die wêreld ingesuig
is in my oë ‑ ek kan myself verletter
hier by die mier ‑ en uitkring,
vervel my wit vel, hierdie
getatoeëerde vel
in die lig van die eeue,
die bewerige voelers van die miertjie.

38 – Fok

fok oorlog
fok vrede
fok koerante
fok werk
fok stilte
fok geraas
fok komplimente
fok skoon lug
fok burokrate
fok verkiesings
fok dans
fok praat
fok etes
om tafels
met wyn
fok kameras
fok kak
fok filmsterre
fok grense
fok stilte
van vanaand
van more
van woorde
van gebare
fok sokkies
fok skoene
fok die nuusleser
se parra‑oë
in die visdam
fok oë wat vertel
van die hel
fok drome
fok hoop
fok naai
fok die hell’s angels
ja fok die hell’s angels
in hulle moer in
fok mooi vroue
fok my hande
fok jou kom moer my
kom moer my dik
ek wil gemoer word
moer my
ek wil ly
kom naai
my swart
kom maak
my vrek
kom vreet
my drek
fokof
fokof uit
my lewe uit
vryheid

39 – Staatsgreep

Desember 1983

A dream does not want to say anything to anyone. It is not a
vehicle for communication ‑ Sigmund Freud

Engelbrecht volg sy
Weerkaatsing
In die venster. Hy stap die stasie binne.
Sy aktetas wil oopbars.
Hy stap verby vertoonvensters
En die wenteltrap na die restaurant.
Hy kom agter dat sy gulp oop is.
Hy hou die tas
Voor sy broek
En loop
‘n Telefoonhokkie binne ‑
Trek sy gulp op.
Platform 7 ruik na boemelaarpis.
Engelbrecht gaan sit.
‘n Vrou met ‘n sebra‑gegrimeerde
Gesig staan by ‘n pilaar.
LANGS PLATFORM 3 DIE 8.15‑TREIN NA
HOUTHEUWEL.
‘n Borselkopswaksinnige druk ‘n toetertjie
In sy loopgraafjas
En kom sit langs Engelbrecht.
Die swaksinnige kyk grinnikend
Na ‘n beursie vol kaal vroue.
Engelbrecht klim agter ‘n soldaat
By die trein in.
Dit is skemeraand.
Die trein beweeg die buisligte teen die tonneldak
Die donker nag in.
Bob Marley se No woman no cry dans
Uit die soldaat se draagbare kassetspeler.
Skadubeelde van mense
Onder straatligte van ‘n oorbrug.
By Jeppe trek ‘n vrou
Met ‘n heldergroen langbroek haarself aan boord.
Sy beweeg tussen die banke deur.
“Jissus ‘n kaffer moet nie hier opklim nie,”
Mompel die soldaat.
‘n Verlate hoёhakskoen
Vertoon onder die George Goch‑naambord.
Engelbrecht se bles en bril
Weerkaats in die ruit .
Sy linkeronderooglid is geswel.
‘n Ou man praat met die kondukteur:
“Ek weet nie hoe sal ek dit tot by die huis maak nie.”
“Nou kom haal hulle Oom nie op die stasie nie?”
“Nee, Boetie.”
“Was Oom by die dokter gewees?”
“Ja, hy weet self nie wat met my verkeerd is nie.”
“Is dit ver daar van die stasie af?”
“Tien kilometer.”
‘n Konka brand in ‘n fabriekswerf.
Engelbrecht sal sy ma
Oogdruppels vra
By die huis.

Aan houtjies vanaf die balke
Roer ‘n kruis van wilgertakkies.
Tarentaalvere hang aan die vier punte.
Engelbrecht se pa klop
Aan sy kamervenster:
“Word wakker … Kom help my
Biltonghakies maak.”
Rooi remligte van busse op die brug
Teen ‘n geel daglumier.
Kombuis:
Op die wasbak 1e ‘n hoenderkop, pote,
Borde en roosterbroodkrummels.
Martha maak die huis aan die kant.
In die skemer van die motorhuis brand die rooi
Batterylaaierliggie. Engelbrecht buig die billtonghakies
in ‘n klamp. ‘n Hoender broei op een
Van die gereedskatkaste.
‑ Gedagtes eb,
en vloei -.
Hulle hang die nat biltong
Aan die wasgoeddraad.
Die biltong 1e in ‘n skottel-­
Asyn‑koljander‑bloedmodder.
Engelbrecht verwilder nuuskierige hoenders en katte.

Engelbrecht neem die sleutel
Aan die rooi sleutelrak teen die kombuismuur
En stap na die sinkskuur. Hy grendel die roosterhek oop.:
Losloophoenders skarrel
Agter ‘n muwwe mot aan.
Hy knyp sy duim in die hek vas.
‘n Paar hoenders le lamvlerk
In oopgeskropte sand onder die batterystellasies.
Die hoenders in die draadbatterye
Begin opgewonde kekkel.
Hulle rek hulle veerlose kroppe
Soos bandiete sonder hemde
Deur die draadopeninge van hulle selle.
Engelbrecht kyk in hulle geel ringogies.
Hy versamel die eiers in die sinkvoortjie in ‘n mandjie.
‘n Hoender pik na sy arm
Wanneer hy die merkers aanskuif.
‘n Hoender pik ‘n ander een
Se bebloede kam.

Engelbrecht eet ‘n avokadopeer
Uit die skil met ‘n teelepel.
Sy duim is seer.
Die wekker tik op die yskas.
Op die vloer kou ‘n Siamees
Vleis van ‘n been af.
Slang en Eva daag op.
Slang dra ‘n sonbril
En Eva het ‘n kopdoek aan.
Hulle gaan sit op tuinstoele
Onder die boom voor die stoep.
Rooibekkies krrrtjtrrr tussen die blare,
Dan is daar skielik stilte.
‘n Janfiskaal land op die tennisbaanheining.
Die rooibekkies swerm uit die lower.
Uit haar handsak haal Eva foto’s
Van die Namib,
Van pantsermotors in dorpies.
Hulle gaan ry ‘n ent in Slang se bakkie
Met ‘n halwe Coke tussen Eva se bene.
Elkeen neem ‘n sluk
En maak opmerkings oor tarentaaltroppe, afgebrande veld
Motorwrakke en bosluisvoёls.
Hulle ry in ‘n tweespoorgrondpad
Om ‘n pan. Tussen die bome hou mense piekniek.
‘n Vet vrou met haar rok teen haar bene
Opgetrek stap met haar kroos
Dieper die water in. Voor hulle ry
‘n Bakkie met kaalbolyfseuns agterop.
‘n Hond skarrel agter ‘n man
Op ‘n motorfiets aan. Die man skop
Verbouereerd na die hond.
Terug op die grootpad
Knip Eva haar handsak oop.
“Sal ons ‘n pilleffie swaai?” vra Slang.
“Waarom nie?” sê Engelbrecht.
“Die blade‑tjies is daar voor in die cubby‑hole,” sê Slang.

Eva krap tussen die gemors
Voor in die. mossienes.
‘n Gesluite plaaswinkel doem op.
“Dink jy dis safe hier?”
“Sure.”
Flikkers. ‘n Motor agter hulle slaan luid
Remme aan.
“My God, ek het mos my flickers aan.”
Eva sorteer die pitte
Op haar handpalm uit.
Slang vertel. van ‘n vriend
Op Stellenbosch wat sy sigarette,
Halfpad. gerook,
In ‘n bottel versmoor het.
Hy het die stompies gespaar vir later.
Hy het homself in Windhoek
In die kop geskiet
Nadat hy per ongeluk
Sy kind doodgery het.
Met ‘n spin maak hulle weer gatskoon
Terug plaas toe.
‘n Kombi is geparkeer
Langs ‘n grensdraad.
‘n Man in ‘n safaripak korrel
Na die sonneblomland.
‘n Sak vol duiwe val neer op die land.

Engelbrecht tap badwater in, kyk deur kantgordyne:
Silhoeёtte van bloekombome en skuur.
‘n Rooi hemel. Spieël, bloedbelope oë.
Hy neurie:
We could be heroes just for one day
We could be us just for one day.
Kranksinnigheid vertak in sy oë.
Wanneer hy die kraan toemaak
Vlieg ‘n brommer op
En gaan loop op die handdoekrand.
Engelbrecht klim in die warm water.
‘n Spinnekop gly aan ‘n spinnedraad
Van die plafon af.
Engelbrecht hou ‘n sjampoebottelprop
Onder sy sprietbeentjies om op te land.
Langs sy pinkienael kry Engelbrecht
‘n Splinter.
Hy kan nie onthou waar en wanneer
Dit in sy vinger gesteek het nie.
Hy soek iets skerp
Om dit mee uit te haal.

Sy ouers kyk beeldradio.
‘n Vrou klop en roep
Aan die sonkamerdeur:
“Kom help my asseblief,
Hy steek my dood as ek by die huis inkom.”
Sy staan in die huis en bewe.
Sy bedaar skielik.
“Die polisie kom nie uit vir sulke dinge nie.”
“Agge nee,” hoor by sy ma sê,
“Hulle worry nie eers nie.
Waar werk jou man?”
“Hier bo in Elspark.”
“En waar werk jy?”
“Hier bo in Elspark‑bottelstoor.
Daar was niks fout toe my suster‑hulle daar was nie.
Nou net toe hulle weg is, toe slaan hy my.”
“Drink jy melk in jou koffle?”
“Ja, tannie.”
“Waar is jou kleintjies?”.
“Nee, toe ek die een wou vat, toe slaan hy my in die nek,
Toe sê hy, hy gaan my doodsteek met die mes.”

Engelbrecht soek die ligskakelaar
Van sy kamer.
Op die boekrak teen die muur
Staan ‘n papier mâché‑masker.
Die kruis roer aan die toutjie.
Op die tafel in toegeskroefde
Grondboontjiebotterbottels ontbind blomme, kaas en motte:
Word vloeistof, brandstof.
Wasemdruppels gly teen die binnewande af.
Hy 1ê op sy bed en skryf
Met sy kop gestut op sy linkerhand.
Hy skiet sy pen se knoppie in en
Uit teen sy tande.
Hy haal sy bril af, daar is skilfers
En vingermerke op die lense.
Hy lek dit nat en droog dit af
Met ‘n punt van sy hemp.
Deur een oog van die masker
Snuffel die snoet van ‘n rot.
Engelbrecht trek hom uit.
‘n Rukkie nadat hy die lig
Afgeskakel. het, hoor hy die eerste lentemot.
Die wind het opgesteek,
Die dakplate begin kletter
Teen die balke.
Die wind ruk aan die ketting van die windpomp
Langs sy kamer.
Blitse belig sporadies
Sy kamer, sy bleek koue rug en boude.
‘n Goederetrein gaan verby.
Stilte.
Hy hoor die makoue paar
Voor sy kamerdeur.
Die eerste druppels val.
Hy sien ‘n vliegtuigliggie tussen die knallende
Weerliguitbarstings.
Teen die blitse
Sien hy ‘n mot bollemakiesie in ‘n vensterspinnerak.
Sy oë is nat van die slaap.
Deur sy neus trek asem.
Sy skouerblad steek by die komberse uit.
Sy hand is ‘n vuis
Onder die kussing.
Wanneer hy weer sy oë oopmaak
Dreun ‘n trekker agter sy kamer.
Martha haal klerehangers en vuil wasgoed
Uit sy kas.
Hy staar na die riffelsinkdak.
‘n Skerp spikkeldaglig kruis
Deur ‘n gaatjie.
Hy kyk na die balke
En soos gewoonlik
Dink hy hoe ‘n tou noustrop
Om.sy keel trek.

Engelbrecht steek die pad oor.
Voor die stasie‑ingang in ‘n gepantserde vangwa
Sit ‘n gevangene gehurk agter roostertralies.
Op die skool se skyfskietbaan
Klap geweerskote.
Die swart gesig druk teen die rooster:
“Baas, Basie, hallo, Basie.”
Engelbrecht herken die stem.
Die blare op die sypaadjie
Word deur ‘n ou man bymekaar gevee.
Engelbrecht verdwyn in ‘n duikweg.
Weemoedig klink die vals trompette
Van die hoërskool‑kadetorkes.
Duiwe swenk in ‘n goederetrein se rook.
In laagtes anderkant
Die treinspore
Hurk bandiete in groentetuine.
Die sneltrein verminder spoed,
Kom tot stilstand.
Engelbrecht gryp na die silwer pyp
Tussen die oopskuiwende deure
En gaan sit by die springbokkop‑embleem
Teen die venster.
Die treinruite vibreer sonder ophou.
Hy volg die sonstreep op die naburige spoor.
‘n Man stap met sy hande
Agter sy rug in ‘n tuin. Die trein snel
Verby ‘n verpleegster by ‘n halte.
‘n Man met ruie ooghare en drie vulpenne
In sy bosak sit skuins oorkant hom.
Engelbrecht kyk na die plooitjies
Op sy kneukels. Hy hoes.
Daar is spoeg op die rug
Van sy hand.
Hy kyk na die gloed
Van ‘n sweismasjien
In ‘n fabriekswerf.
Tussen die treinspore en fabrieke
Breek werkers sink‑ en kartonkrotte af
Waaronder hulle oornag het.
‘n Trein op die naburige spoor
Gaan verby. In die ruite
Sien Engelbrecht amptenare
Wat kaart speel en vroue wat brei.
Ander passasiers verdiep hulle
In die koerant.
Langs die spore word die grondwalle hoër.
Woonstelbalkonligte skyn nog.
‘n Meerarmtrap kronkel die verdiepings af.
Die trein beweeg ‘n donker stasie binne.
‘n Vrou met gebreide handskoene
Trek die deur oop.
Skares volg mekaar
Deur die oop traliehek,
Tussen relings die trap op.
Engelbrecht stap verby die kaartjieskantore,
Deur ‘n duikweg, verby ‘n koerantkiosk.
In ‘n parkie sit duiwe en boemelaars.
‘n. Duif vlieg van ‘n straatlig af.
Engelbrecht stap verby ‘n pawiljoen, sportvelde.
Die spreiligte is nog aan.
Werkers in oorpakke staan langs vuurhoepels
Waardeur wolfhonde spring.
Engelbrecht word by ‘n omheinde
Gebou met wagtorings deur ‘n traliehek
Binnegelaat. Hy stap deur ‘n parkeerkelder.
Gaan met betontrappies op.
Gaan by die MANS in.
Die kantore is verlate.
Teen die mure is foto’s van boksers,
Skoonheidskoninginne en nuwejaarspartytjies.
Die swaar kluisdeur
Van die koelkamer waar die rekenaarstelsel geberg word skuif
Oop. Hy kyk op sy horlosie.
in die klein konferensiekamer
is die beeldradio aan.
Engelbrecht staan met sy rug teen ‘n spieël
In ‘n donker hyser.
Sy oë volg die flitsende nommers.
‘n Leë sigaretdosie
Lê in die asbak.
Hy stap in die gang af
Op ‘n rooi mat.
Aan die mure hang portrette
Van burgermeesters.
Engelbrecht stap by HAUPTFLEISCH
Binne. Oorkant sluit ‘n man ‘n kantoor.
Agter die oopgetrekte blindings
Word ‘n rekenaar deur ‘n kraan
Die lug in gehys.
Agter die lessenaar hang ‘n portret
Van Hitler.
Kaalkop 1ê Hauptfleisch
Met ‘n ringeffie deur sy linkeroor,
(‘n plastiek‑Boeddha)
Met sy neus in ‘n visbak.

‘n Pensionaris, met ‘n verflenterde jas
En ‘n hond, brom. ineengekrimp:
“Hulle moet,
Hulle moet in opstand kom,
Daardie is dinge wat my dwars in die krop steek.”
Oorkant die pad by die ingang
Van ‘n woonstel wag ‘n tou mans
Vir ‘n vangwa om oopgesluit te word.
‘n Dubbeldekkerbus
Kom plotseling tot stilstand.
Bene, handsakke, rokke en broeke
Klim teen die trappies af.
Wankelrig oorhandig Engelbrecht
Sy geld, wag vir kleingeld,
Klim met die nou spiraaltrap op na die boonste dek.
Hy gaan sit teen die venster
En kyk na die winkelruite,
Mense kom by deurgange uitgeloop.
Hy dink aan sy broer.
Sal hy hom ooit weer sien?
Hulle gaan verby ‘n park
Waar jongmense in ‘n kring sit
En ‘n Sigaret omstuur.
‘n Bruid en haar gevolg staan tussen struike.
‘n Kamera flits.

Die bus kom tot stilstand
In ‘n verkeersopeenhoping.
Voor in die pad
Skuif ‘n polisieman met ‘n valhelm
En ‘n luidspreker
Op ‘n perd
Langs die bus tussen die verkeer deur.
Hoë rookbomkolomme
Beweeg die hemel in
Tussen die wolkekrabbers deur.
Die bus beweeg uiteindelik weer
Oor repe plakkate en die smeulende straat.
Die bus gaan verby ‘n geparkeerde lykswa.
‘n Kis met blomme word die katedraal
Ingedra. ‘n Verwagtende vrou kom by ‘n sydeur
Van die kerk uitgestap. Mense skud hande en
Stap stadig agter die kis die kerk binne.
‘n Konstruksiewerker met ‘n kurkhoed
Stoot ‘n kruiwa teen ‘n skuins loopplank
Waar ‘n nuwe lewensversekeringsentrum verrys.
Die son glinster in ‘n vragmotorruit.
‘n Stootskraper ry van die sypaadjie af
Die teerpad op. Steierwerk
Staan teen halfvoltooide mure.
Kratte melk word uit ‘n afleweringswa gedra.
Engelbrecht druk die klokkoord,
Gaan die bustrappies af. Die deure skuif oop.
Hy klim op die sypaadjie af.
‘n Motorflets skuur verby hom.
Spykertafelklanke woed
Agter die Coke‑advertensie.
Engelbrecht stap by ‘n bank in.
‘n Waaier op die toonbank draai heen en weer,
Ritsel in potplantblare, gordyne, brosjures.
Die beeld van die waaier verdubbel
In ‘n spieël.

Op die hoek waar ‘n motorfietsbende staan,
Spring ‘n man met ‘n gomlastiek‑masker
Voor ‘n albino in
Wat nie tande het nie.
Engelbrecht herken
Die vrou by die bioskooploket.
Haar oë is verskuil
Agter ‘n groot sonbril. Rowe en merkurichroom
Is op haar wange.
“Haai innocent,” roep sy.
Hy vat die kleingeld en kaartjies
Deur die loketvenster.
Hulle stap die portaal binne,
Koop Coca Cola in papierglase.
Die plekaanwyser skeur hulle kaartjies.
Hulle volg hom deur die dik fluweelgordyne
Al agter die flits aan
Van een letter tot die volgende
Laag teen die kantsitplekke.
Hulle skuif by een van die rye in.
Matte teen die mure.
UITGANG en ROOK VERBODE‑ligte.
Al op die sitplekrande
Is daar ‘n dun ligskynsel.
Die swaar gordyne teen die hoë dak
Skuif op ringetjies oop. Sy het haar bloed
Laat trek by die dokter.
Die ligbeeld
Val op die oopskuiwende gordyne:
‘n Seiko‑goueoorlosie‑advertensie ‑
‘n Vrou se idee van tyd.
Dit is asof haar asem,
Haar drooggeworde spoeg nog aan sy liggaam ruik.
Engelbrecht druk die papierglas
Inmekaar.
Hy het die venster oopgemaak.
Sy is weg met een van die skilderye.
Sy het in die kar se deur gestaan,
Verwag hy moet haar soen.
Sy giggel.
Die wolke teen die horison is verlig
Deur donderweer.
Al wat hy gesê het, was “Jammer”.
“Moenie dat dit jou
Vir ‘n enkele sekonde pla nie, my skat,” het sy geantwoord.
Die winkels het hulle sonskerms
Laat sak.

Die huis word verdwerg
Deur wolkekrabbers.
Die kikoejoegras groei oor ‘n roosboompie.
‘n Helder roosknop gloei
In die skemer tussen die grashalms.
Engelbrecht stoot die tuinhekkie oop.
Op die stoep 1ê kartondose,
Sigaretas en stompies van boemelaars.
Engelbrecht klop. Agter die riffelglas
Sien hy Slang
Se maer arms en T‑hempie vooroorbuig
Om die deur oop te sluit.
Slang het ‘n sigaret in sy mond
En ‘n botterpotjie en mes in die hand.
‘n Swart kat verslind ‘n duif
Onder ‘n plastieksambreelskerm.
Engelbrecht gaan sit op ‘n ou motorsitplek,
Skuimrubber peul by ‘n skeur uit.
“Hulle gaan hierdie huis sloop. Het jy gehoor?”
Roep Slang na Engelbrecht
Deur die deuropening vanuit die kombuis.
Hy staan voor die stoof.
Engelbrecht beweeg na die deur
Wat uitloop op die agterplaas.
Op die trappe lê ‘n bottelnek.
Op die kombuistafel blaker die transistor
Kwêla‑musiek. Ou koerantbladsye
Vergeel
Onder leë bierbottels.
Stompies en vuurhoutjies
Lê by die tafelpote.
Hulle stap verby ‘n handgranaatskerm.
‘n Deurwag
Agter ‘n loergat laat hulle binne.
Die plek is vol mense.
Van die dak hang spieëlballe
Terwyl kleurligte op die ritme van oorverdowende
Musiek pols.
Hulle skuif verby ‘n kelnerin
Wat vooroorgebuig ‘n bestelling by ‘n tafel aflewer.
Slang neem vir hom ‘n ertjie
Uit een van die borde. .
“Hmmm, ek hou regtig van hierdie ertjies.”
“Waarom vat jy me vir jou nog nie?” vra ‘n vrou.
Agter die kroegman met uitpeuloë
In ‘n benerige gesig
‑ ‘n Heroïenverslaafde ‑
Wiebel rotsagtige visse met droewige oë
En naaldekokervinne.
Suurstof borrel op in die tenk.
Engelbrecht sien weer vir Hauptfleisch.
Agter die vistenk
Loei die videotafels,
Spat rekenaarmeteore uitmekaar.
‘n Verdwaalde sirene loei in die straat.
Engelbrecht staar verdiep
Na die president
Op ‘n muntstuk.
Engelbrecht probeer homself hoorbaar
Maak:
‘Twee Castle Lagers.”
Twee koue blikkies en glase
Word voor hulle neergesit.
Engelbrecht lig die ringetjie op.
Skuim borrel by die gaatjie uit.
Slang vra ‘n soldaat
‘n Vuurhoutjie.

‘n Vrou snork met haar kop
En gekoekte hare op die toonbank.
‘n Ander een, die middelpunt
Van belangstelling, se volbloedbuuste
Stoot gekamoefleerde soldaatgesigte afgebeeld
Op ‘n T‑hemp,
Buite spat ‘n motorruit
in skerwe, vou die bakwerk inmekaar.
‘n Sekonde stilte.
“Dit is ongelooflik,
Dit gebeur elke dag hier,” sê Slang.
‘n Man kom binne, “Waar’s die telefoon?
Ons moet ‘n ambulans kry.”
Wanneer die ambulanslig
in die straat flits,
Stap Engelbrecht ook na buite.
Op ‘n draagbaar lê
‘n Soldaat sonder ‘n broek
In ‘n kamoefleer‑hemp.
“Hy en sy cherrie het in ‘n geparkeerde motor geprang.”
Sê iemand.
Haar hoëhakskoen lê nog
In die verfrommelde voetruimte
Van die motor.
Olie drup op die teer.
Engelbrecht stap terug na die klub.
Hy gaan sit met sy gesig
Na die dansverhoog.
Die musiek eindig.
Al die voete kom tot stilstand.
“Vaguely familiar two‑steps,”
Hoor hy iemand sê.
‘n Hand vee hare uit ‘n gesig.
‘n Ander hand vat ‘n trek aan ‘n sigaret.
Die volgende oomblik begin die musiek weer.
Die spieëlballe hang in ‘n rookwolk.

In die laatnagure
Stap Engelbrecht en Slang
Uit in die vars lug.
‘n Boemelaar 1ê onder ‘n plastieksak.
Slang leun teen Engelbrecht
Se arm. Afvoerpype kronkel
Af teen newelagtige hoë geboue.
Hulle stap verby ‘n heldergroen
Rugbyveld onder spreiligte,
Verby ‘n padkafee.
Die kelners dans op musiek wat kwêla
Uit ‘n transistorradio.
‘n Motor jaag oor ‘n robot.

Op die plankvloer
Lê ‘n das, daar is nie gordyne
Voor die venster nie.
Op die sypaadjie
Langs die winkelsentrum sing ‘n vrou.
Engelbrecht gaan lê op die bank
En luister na die rotte op die dak.
Iemand klop.
Agter die sierglas is die beeld van ‘n man met ‘n hoed.

Die aktivis gaan sit op ‘n stoel,
Sy oë ondersoek rustig die mure, ontdek
Die amper vergete.
“Ja, hulle sê die struggle gaan voort,
Maar hier om die hoek doen ons ons groceries,
Oorkant bly die tramps,
En hulle wil nou parkeermeters op die sypaadjie hê.”
Engelbrecht gaan staan in die agterdeur.
Hy luister na ‘n kriek onder ‘n vyeboom.
“Slaap Slang?”
“Ja, hy het uitgepass.”
Daar is stilte.
“Kom kyk, daar is ‘n ster, ‘n komeet wat val,
Miskien is dit ‘n wolk wat voor hom beweeg.”
Honde blaf.
“Haai, kom kyk, sien jy daardie ster?
Is dit besig om te val … beweeg?”
“Daar beweeg hy weer …
Hy’s nou stil .
Daar beweeg hy nou.
Dit lyk asof hy
Al in die rondte
Beweeg.”
“Ons sien dalk iets
Wat ons nooit weer sal sien nie.”
“Kyk, hy beweeg.
Hy val.
Hy beweeg in ‘n ellips.”

Sy ma en suster was in die bad
Toe hulle twee skote hoor. Hulle het vinnig
Aangetrek. Hulle het gedink die kleinhoewe
Word aangeval. Toe hulle uitkom
Sien hulle die man met die tarentaal hardloop.

Kol. Visagie word gereed gemaak in die grimeerlokaal
Vir sy eerste TV‑verskyning.
Die kamerafokusseer op die kolonel.
Sy medaljes vertoon agter die verklaring wat hy lees.
Hy lees stadig, met lang stiltes.
Hy kyk op, kyk met sy yskoue blou oë
Na die kamera.

Skerpskutters sit in die bome om die presidensiële gebou.
Ambagsmanne herstel kommunikasieverbindings.
Vragmotors vol soldate ry deur die strate.
Op straathoeke staan soldate met monnikrokke
En masjiengewere.
Hulle kyk mense noukeurig,
Maar roerloos aan.
Pantsermotors omsingel die monument
Vir die onbekende soldaat.
‘n Helikopter vertoon ‘n rolprent
Teen die wolke.

Engelbrecht lê op ‘n bank
In die sonkamer.
‘n Uitgetrekte trui lê op sy kop.
‘n Vlieg loop op sy tone.
Sy arms is gekruis oor sy bors.
Martha skrop die mat.
Hy voel hoe sy hart
Reëlmatig in sy sluimerende liggaam skop.
Sewe‑en‑twintig jaar klop sy hart nou al
Sonder dat hy werklik bewus was daarvan.
Buite trek die wolke saam.
Die wind ruk die windpompketting.
Fyn druppels klink op die sinkdak.
Hy sien ‘n spinnekop
By die ligskrefie onder die deur inhardloop.
Hy vryf sy oë skoon
Met ‘n bietjie spoeg aan sy vinger.
Sy snor jeuk.
Hy dink dat dit dalk nie ‘n ongeluk was nie:
Rowe op haar wange, haar oë agter ‘n sonbril.
‘n By hardloop teen ‘n ruit,
Boor teen die ruit.
Teen die muur onder ‘n skildery draai
‘n Geitjie
Sy kop
En loop stadig met sy kloue
Tot in die skaduwee van die skildery.
Engelbrecht kou aan ‘n vuurhoutjie
Op sy hurke.
Die geitjie hang van sy vingerpunte
‑ Hygend ‑ met armpies
In die lug.

Nuus: “Laasnag het ‘n Griekse matroos
In die hawe verdrink toe die wind
‘n Tou losgeruk en hom die see in~
Geslinger het.”
“Waar gaan jy?
Is julle klaar?” hoor by sy ma sê.
“Ek gaan water haal,” antwoord die werker.

“Ek het vir Richter gestop,
Anders het hy hom geskiet.”

‘Terwyl ek besig was om my klere uit te trek,
Het ek in die botteltjie gekyk.
Die vlooie het op die water gedryf­
Vlooie wat ek in die huis gevang het.
Die water het elke dag verdamp
En die vlooie dryf tot teen die kant van die bottel.
Toe ek in die opening kyk,
Het een Odusseus amper tot bo teen die rand gevorder.
In ‘n oogwink
Toe hy my sien
Het hy teruggeval in die water.”

In die verbrande land loop ‘n trop tarentale.

Engelbrecht loop op die plaaswerf.
‘n Hoender suip water in ‘n rioolplas.
Die wind buig die bloekomtakke
Bo die plaasimplemente.
‘n Uil het nes gemaak in die holte
Van ‘n weerligverskroeide boom.
Paddastoele groei in die stronkkompos.
Hy gaan staan by ‘n ou rommelgat
Waar ‘n onopgetekende geskiedenis besig
Is om te verdamp: ‘n Ou vadoek,
Verroeste fietssaal, hoendergeraamte,
Bierblikkies, draad, sinkplate, pop,
As, pommadebuisie, kosblikkies, lyn,
Sopbeen en ou pantoffel.
Vlieë en ‘n blink brommer loop op ‘n koeimiskoek.
‘n Tortelduif vlieg op uit die landerye.
Balbyters skarrel tussen graspolle,
Half deur die wind gedra, op soek na buit.
Engelbrecht klim deur die draad.
Die vieigras is kaalgevreet.
‘n Bosluisvoël se kop steek bokant grasstoppels uit.
Bo in die land beweeg die geboë werkers.
‘n Muggie loop agter sy oor,
Op sy voorkop pêrel die sweet.