Agtergrond

Maar na ‘n beroerte, en ‘n aanval op sy lewe, het Johan van Wyk afgetree.

In Gillespie Straat-Slenters het hy sy indrukke van die Gillespie Straat-omgewing in Durban beskryf,

dit is ‘n plek waar die nuwe Suid-Afrika letterlik met groot opwinding tot stand kom; ‘n plek wat herinner

aan Sophiatown, en miskien nog interessanter. Hy beskou die verval en vernuwing vanuit  die

venster van die woonstel, 27 Oxford Huis. Oxford Huis is ‘n art-deco gebou waarin alles skeef

ontwerp is.

Die slenters bevat  indrukke oor die literatuur in die algemeen, en die Suid-Afrikaanse

literatuur in die besonder. Dit bly losse indrukke, in haas gekraam, en met die doel om die lewe en

die literatuur weer bymekaar uit te bring.

Sy epos-adres is johanvanwyk@lantic.net

‘n Uitruil van gedagtes met persone wat die rubriek lees word verwelkom.