Bome gaan dood om jou

01 – Sloper

Sloper

ek trek my hare uit ja
my tande val uit ja
ek sal maar ‘n hoed opsit ja
ek sloop mense se geheime ook af ja
ek het nie meer oë nodig om te lewe nie ja
my neus was nog altyd ‘n las ja
ek kon nog nooit weet waarom ek tone het nie ja
ek sal maar ‘n masker opsit as ek ‘n gesig nodig het ja
ek het nog nooit gehou van ‘n maag wat werk nie ja
my ore lyk so mooi ja
maar hulle is net ornamente ja
ek maak hulle met vuurhoutjies skoon ja
die hare op my bene maak my skoon senuweeagtig ja
hulle laat my dink aan die grens ja
ek wou nog altyd’n spieël bekostig ja
ek sal moet werk ja
werk is skaars vir ‘n bakkies soos myne ja
om te lewe ja
is baie dinge onnodig ja
ek kan dit huur ja
as ek ‘n werk het ja

02 – Ek is my dilemma

Ek is my dilemma

ek wil nie meer my dilemma
aan die volk afsmeer
ek wil nie meer
die nasie rehabiliteer
ek wil eerder elke more
wakker word met my snotgeweer
ek is normaal
my klere is formeel
ek is weerbaar
ek is vasgevang in my eie slagyster
ek is ‘n giraffe in ‘n bordeel
ek is ensovoorts
ek is normaal
ek wil elke more
wakker word met my snotgeweer

I’M MY DILEMMA

I do not want to palm off
my dilemma onto the Volk.
I do not want to rehabilitate
the nation anymore.
I prefer waking up
every morning with my snot gun.
I’m normal.
My clothes are formal.
I’m fit.
I’m caught in my own trap.
I’m a giraffe in a brothel.
I’m etcetera.
I’m normal.
I prefer waking up
every morning with my snot gun.

03 – (I can’t get me no) satisfaction

(I can’t get me no) satisfaction

Vragmotors, vangwaens en motors
ry een‑een op ‘n baan verby
terwyl die mossies soet op die straatligte sing
en ek uit die motordeur
brandewyn en rosyntjies opbring.

DEVO en die SEX PISTOLS
se Sloppy (I saw my baby getting) en No Future
vibreer in die luidsprekers van my kop.
‘n Bries waai deur die ruit
op my krulle,
my arms op die stuurwiel teen my kuif.

Bo ‘n afdraaipad uit die M2
in die oggendure
sien ek ‘n vlieënde piering
verby die straatligte dryf.

(I CAN’T GET ME NO) SATISFACTION

Lorries, police cars and cars
pass
while sparrows sing sweetly on streetlights
and I through the open car door
vomit brandy and raisons.

Devo and the Sex Pistols’
“Sloppy (I saw my baby getting)” and “No future”
vibrate in the loudspeakers of my head.
A breeze through the window
plays with my curls,
my arms on the steering wheel.

Above the turn-off from the M2
in the early morning
I see a flying saucer
drifting past streetlights.

04 – ontluik die gordyne:

ontluik die gordyne:
die sitkamer is die eensaamste kamer:
glad is die man se voorkoms,
letselsnor: snork op sy gemak:
in sy alledaagse ontsnappingswêreld
is hy glas: sy gedagtes
loop in hom, loop in hom:
“wat makeer?”
“hy het in sy dop gekruip”:
diefwering

05 – ‘n haar op’n bladsy:

‘n haar op ‘n bladsy:
‘n sensitiewe leidraad,
ek kan nie op my voete balanseer nie
daar is ‘n dooie haar wat op my geleef het
alles wil skeef omval
ek was in die muur
die skerp lig
in die spieël verblind my

06 – dit help nie /

dit help nie /
om van die roltrappe /
af te spring nie /
dit is nie ‘n oplossing nie /
hulle glo jou nie /
jy sien diere /
in parkeerterreine /
jy is bang /
in jou kamer /
kan jy regop bly staan /
jy hoor hulle /
samesprekinge /
daar is nie ‘n oplossing nie /
dit help nie /
om aan rottegif /
te dink nie /
dit is nie ‘n oplossing nie.

IT DOES NOT HELP

It does not help/
To jump/
From the escalator/
It is not a solution/
They do not believe you/
You see animals/
In parking garages/
You are scared/
In your room/
You can stand up straight/
You hear/
Their conferences/
There is no solution/
It does not help/
To think of rat poison/
It is not a solution/

07 – die winde van die himalajas

die winde van die himalajas
waai in my radio. my bors
trek toe.
ek sien spoke in dié wind.
kopseer as ek dit nie kan omskryf nie.
as ek vir myself bang word
sien ek spoke.
‘n lig? ‘n mens van vlokkies?
in die winter sal my hare van die koue
dalk weer begin groei?
ek steek my oë weg agter my hande.
ek trek my kop toe met my komberse.
ek switch net af.
dit voel asof ek in ‘n kar ry
in ‘n vreemde streek.
ek hou stil langs ‘n man op ‘n fiets.
ek draai my ruit af.
ek is nog hier in my bed.
“ken ek jou?”
gordynvoue, kasdeurslot.
“ek het nog nooit gehou van dans nie.”

THE WINDS OF THE HIMALAYAS

the winds of the himalayas
blow in the radio . my chest
closes in
i see ghosts in the wind
headache when i cannot describe it
when i fear myself
i see ghosts
a light? a human being of snow flakes?
in the winter my hair might grow
again from the cold?
i hide my eyes behind my hands.
i cover my head with blankets.
i switch off.
it feels as if i’m in a car
in a strange district.
i stop next to the man on a bicycle.
i turn down the window.
i’m still here in my bed.
“do i know you?”
the folds of the curtain, the lock of the cupboard.
“i never liked dancing”.

08 – Op my eie voete

Op my eie voete

my neus het rooi gebrand
ek het die tamaties gevinger
tussen die plankies
tussen die groente gevang in sakkies
gesoek na jou

ek hoor stemme
hulle bespreek jou
jy praat
omdat jy op jou eie voete
moet staan / doodgaan

ek haat jou tot ek sweet
ek kan die sweet nie meer keer nie
bome gaan dood om jou

my onsamehangende gedagtes volg die busse

ek loop omdat jy my nie met rus laat nie
ek trap ‘n stompie dood
hy is ‘n indringer in my blokkiesraaisel
ek probeer vergeet dat ek op
my eie voete staan / doodgaan

09 – Mes in my kop

Mes in my kop*

ek het ‘n mes in my kop
die veiligheidspolisie daag altyd op
dit is nie meer ‘n verrassing nie
dit werk net op my senuwees
hy kom kuier altyd weer
ek.het ‘n mes in my kop
hy kom soos ‘n besoeker verneem na ‘n pasiënt
alle mense begin soos besoekers voel
hy is die mes in my kop
hy laat my dink
dit tik iewers in my kop

*na die film Messer im Kopf van R. Hauff

KNIFE IN THE HEAD
After the film Messer im kopf by R. Hauff

I have a knife in my head.
The secret police always turn up.
It is no longer a surprise.
It only works on my nerves.
He always comes to visit again.
I have a knife in my head.
He comes like a visitor asking about a patient.
All people seem like visitors.
He is the knife in my head.
He makes me think
it ticks somewhere in my head.

10 – ‘n skerp teerpad

‘n skerp teerpad
skiet al vorentoe.
‘n kerkbasaartrompoppie,
‘n plattelandse kroeg.
die windpomp van ‘n vorige geslag
verval in die wind:
ek moet in ‘n dwangbaadjie pas.
vandat ek nie meer kerk toe gaan nie
het ek nie meer ‘n verbeelding nie,
trippel elke skouperd gespikkel asof geteken deur ‘n kind,
kan ek nie meer omgee nie,
laat die diepkyk in die bottel my uitgeput.

gaan die kreef geduldig dood.

A SHARP TAR ROAD

a sharp tar road
shoots into a distance
a drum majorette of the church bazaar
a rural bar
the windmill of a previous generation
decays in the wind
i must fit into the straight jacket
since i’m no longer going to church
i have no imagination
every show horse is tripling as if drawn by a child
i cannot care anymore
exhausted from looking too deeply into the bottle

the crayfish dies patiently

11 – Na die oorlog

Na die oorlog

Eerste geslag: weersin,
poësie van die wolk, pomp soos ‘n pasiënthart,
word uitgestoot in ‘n rystoel oor die rante,
braaklande.

Tweede geslag: spieël & raaisel,
wit teëls, blink krane.

Derde geslag: die parodie van die uniform.
Die anargis land in ‘n valskerm,
gaan werk by ‘n varkboer.
Mense is kunsmis.
Poësie is kunsmis.
Die hemel is ‘n spieël.
Himmler was ‘n engel.

In my uniform
met die volkslied geskryf oor my hart
wil ek doodgaan
in loopgrawe en nie in ‘n badkamer nie,
met my vierke / strepe aan.

12 – geestelike gesondheid is die bruto volksproduk

geestelike gesondheid is die bruto volksproduk.
‘n straalvegter maak in die hemel ‘n lint
los.
ek wil ‘n diktator / ‘n stootskraper wees.
die wêreld gaan ontplof.
ek wil in my vistenk stadig doodpan.
my temperatuur verskil van die water s’n.
ek droom vinniger as wat ek dink.
ek het ‘n suurstoftenk nodig.
ek wil ontplof.
ek droom vinniger as wat ek dink.
‘n straalvegter laat my in die hemel
los.

SPIRITUAL HEALTH IS THE GROSS NATIONAL PRODUCT

a jet unleashes a ribbon in
heaven
i want to be a dictator/ bulldozer
the world will explode
i want to die slowly in my fish tank
my temperature differs from the water
i dream faster than i think
i need an oxygen tank
i’m exploding
i dream faster than i think
a jet is letting me
loose in heaven

13 – Die botanikus

Die botanikus

hy vat aan sy kraag
en kyk na die skedel op die mot

die blare vloei uit oor die tafels
hy staan soos ‘n porseleinbeeld tussen juweliersware

en om die gloeiende toegerankte kweekhuis
vlermuise, vlermuise, vlermuise, vlermuise …

THE BOTANIST

He touches his collar
and watches the skull on a moth

the leaves flow over the tables
he stands like porcelain amongst jewelry

and circling the glowing nursery
bats, bats, bats, bats …

14 – My vlieënde piering

My vlieënde piering

My besoek aan die verdampende wêreld,
‘n spieël van die verlate tyd.
My besoek aan die leidrade.
My besoek aan die weerklank op die stoep
om 4:30 my teeblare,
my vingerafdrukke,
my weerkaatsende self.

MY UFO

My visit to the evaporating world,
a mirror of the abandoned time.
My visit to the clues.
My visit to the echo on the verandah
at 4h30. My tea leaves,
My finger prints,
My reflecting self.

15 – Aardbolbrein

Aardbolbrein

Ek word een met die paaie
op die aardbol.
Ek word een met die netwerk
van die nag.
Ek luister in na die aksent van die nag.
Ek luister na die sein,
die sein sement die nag
in my vas.

GLOBAL BRAIN

I’m becoming one with the highways
on the globe.
I’m becoming one with the network
of the night.
I’m listening to the accent of the night.
I’m listening to the signal,
the signal is cementing the night
firmly in me.

16 – Hiëronymus Bosch

Hiëronymus Bosch

wil ons oorlewe
radioaktief in ‘n perlemoenskulp
of in ‘n vlieënde piering
teen die oop venster
tussen voëls en struike?

Liefde gee my koorsblare.

wil ons oorlewe
soos vreemde wesens in toegeskulpte voorstede
soos vlieë teen ‘n lugreëlaar
of soos gesigte
in ‘n druppelspieël?

Liefde is koeksoda.

17 – Jy is in die Kaap

Jy is in die Kaap,
spoel in die branders van my slaap.
Die sones van my ego
simuleer jou op ‘n foto.
‘n Pop spoel in ‘n haainet.
Jy ontklee in die ‑toilet.

Ek eet braairibbetjie langs die Vaal.
Ek wens jy was hier in die kikoejoegra
Op ‘n kombers,
maar jy word verdwerg
deur die eensaamheid
van Tafelberg.

18 – Marx en Mao

Marx an Mao

die spreker in die gedig is nie die digter nie
maar ‘n skim van sy verbeelding
gebaseer op Jean‑Luc Godard se La Chinoise

Marx en Mao
is my barrikades.
Voor die oggendnuus
doen ek en my kommunekamerade
die Marx‑gimnastiek.

Ek luister na die fascistiese radiodiens
en analiseer
die pro’s en con’s
van elke nuwe skuif
dialekties.

Marx en Mao
is my barrikades.
Voor die middagnuus
ry ek deur die agterbuurtes
op my fiets.

Deur die dag met my wit hemp
en dun das
soos ‘n verantwoordelike mens
slaan ek na in my rooi evangelie
oor die sabotasie van die ekonomie.

Marx en Mao
is my barrikades.
Voor die aandnuus
mediteer ek voor die werkersvuis op die plakkaat.
Die proletariaat marsjeer af in die straat.

19 – Sonnet

Sonnet

ek is ‘n boom jy is ‘n boom
ons het ‘n bos om in te speel
ek is ‘n taboe
ek is ‘n skoenlapper jy is ‘n skoenlapper
ons speel wegkruipertjie
ek is aansteeklik
ek is die maan en jy is ‘n maan
ons is gemasker
ons ontwyk mekaar
ek is die vuur jy is die vuur
ons omhels mekaar
ons versteekte gevoelens vernietig ons
jy is die wind ek is die wind
ons stap in die ruit van persoonlikheid

SONNET

I’m a tree you are a tree
We have a wood to play in
I’m a taboo
I’m a butterfly you are a butterfly
We are playing hide-and-seek
I’m contagious
I’m the moon and you are a moon
We are masked
We evade one another
I’m the fire you are the fire
We embrace one another
Our hidden feelings destroy us
You are the wind I’m the wind
We walk into the window of personality

20 – in die gras

in die gras buite ons hut
in die vroeëmoremis met gewebde hande
langs die dam walm die heks
in my
mond
spinnekoppe hardloop op die dam

ON THE LAWN OUTSIDE OUR HUT

on the lawn outside our hut
in the early-morning mist with webbed hands
next to the dam the witch vapors
in my
mouth
spiders run on the dam

21 – met rouklere aan

met roukiere aan
haar gesig agter ‘n sluier
naby die boereoorlogkanon
in die kerkhof
hou sy blomme vas
sy kyk na die grond
haar gesig is agter’n sluier
naby die gebrandskilderde ruite
van die klipkerk
sy is ‘n stokroos
voor die datum op die grafsteen
sy is ‘n engel
met ‘n gebreekte vlerkbeen

IN MOURNING CLOTHES

In mourning clothes,
with her face behind a veil,
close to a Boer War cannon
in the cemetery,
she is holding flowers.
She looks towards the ground.
Her face behind a veil
close to the stained-glass windows
of the stone church.
She is a hollyhock
fronting the date on the gravestone.
She is an angel
with a broken wing.

22 – Skooljurk en fiets

Skooljurk en fiets
in die stasietonnel
kom die meisie af.
Op stap die skisofreen.
Die speke van haar fietswiele spin
langs haar bruin bene en wit sokkies.
Haar hare is in ‘n bondel.
Sy is ‘n rot in ‘n tonnel.
Die speke van ‘n mallemeule draai.
Die skisofreen loop in ‘n doos.
‘n Rot hardloop in ‘n doos.
Die skisofreen spoel
in ‘n spooktonnel.

SCHOOL-FROCK-AND-BICYCLE

school-frock-and-bicycle
in the station subway
the girl is coming down
up walks the schizophrenic
the spokes of her bicycle wheel spins
close to her brown legs and white socks
her hair is in a bundle
she is a rat in a tunnel
the spokes of the merry-go-round turns
the schizophrenic walks in a box
a rat runs in a box
the schizophrenic washes
down a ghost tunnel

23 – Sitkamerwoestyn

Sitkamerwoestyn*

hy was ‘n briefskrywer
hy was deurmekaar
hy het gedink hy is ‘n stofsuier
hy het stof opgegaar

hy het niks gehad om te doen deur die dag
toe skryf hy briewe
waarin hy die lewe betrag
wat begin met liewe

die geadresseerde mense
almal in sy sitkamerwoestyn
was stof op sy brillense
almal onsamehangend

oggendete was eier op brood
sy hare ongekam, sy oë dofgedroom
hy wonder is hy lewendig of is hy dood
terwyl die ketel stoom

*oorspronklik ‘n lied in dramateks Wieretuin

LOUNGE DESERT

He was a writer of letters.
He was confused.
He thought he was a vacuum cleaner.
He gathered dust.

He had nothing to do during the day
so he wrote letters
in which he reflected on life
and which began with dear.

The addressed
were all in his lounge desert,
were dust on his spectacles
all incoherent.

Breakfast was egg on bread.
His hair uncombed, his daydreaming eyes faint.
He wonders if he is alive or dead
while the kettle steams.

24 – Skoolseunblues

Skoolseunblues

agter in die skoolbus het Jesse geleer
hoe om te rook
het sy gewys tot waar sy beenhare skeer
agter in die skoolbus
het sy geieer om ‘n seun te vry
om tekens te wys
het sy ‘n ballpointpenhart geteken
met die naam van haar onnie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie

sy dans met getroude mans
in die katolieke kerk
op Sondae sit sy in ‘n sportmotor by die park
sy het ‘n ou in die army
sy het ‘n ou op Hennenman
sy draai die onnie om haar pinkie
ma sê Jesse het niks tussen haar ore nie
dan kyk ma in haar spieëltjie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie

SCHOOL-BOY BLUES

In the back of the school bus Jesse learned
to smoke.
She showed up to where she shaved her legs.
She learned to flirt with boys,
to show signs,
to draw a ballpoint-pen heart
with the name of her teacher

Jesse, Jesse my voice is broken
and I never smoked
or kissed with the tongue.

She dances with married men
in the catholic church.
On Sunday she sits in a sports car at the park.
She has a guy in the army
and she has a guy in Hennenman.
She twists the teacher around her little finger.
Mother says Jesse has nothing between her ears.
Then mother looks into her mirror

Jesse, Jesse my voice is broken
and I never smoked
or kissed with the tongue.

25 – Die wasgoedlyn en betongrondvlak

Die wasgoedlyn en betongrondvlak
is sesverdiepings onder, C laat val as tussen E se borste.
A lek 1 tussen asbakkies en woonstelvloerblokkies.
J kan ‘n muur wees in homself ingekeer.
Nina Hagen skree van ‘n stil stad,
sy staan in ‘n stil stad
en skielik sien sy die son ondergaan.
Dierekoppe en skoenlappervlerke
om J se voete. G proe F se nat gloeilamp.
I het sproete op haar ore.
Die woonstel runnik
vyf minute in ‘n wynglas.
‘n Vismot hardloop onder die yskas.
Kakkerlakke is gebraak in die toiletspoelbak.

THE WASHING LINE AND THE CONCRETE GROUND LEVEL

The washing line and the concrete ground level
are six storeys down below, C lets ash fall
between E’s breasts.
A licks I between ashtrays and the wooden floor blocks.
J could be a wall turned into himself.
Nina Hagen screams about a quiet city.
She is standing in a deserted city
and suddenly she sees the sun going down.
Animal heads and butterfly wings
around J’s feet. G tastes F’s wet bulb.
I has freckles on her ears.
The flat is neighing,
five minutes in a wine glass.
A fish moth runs under the fridge.
Cockroaches are vomited in the toilet.

26 – Filmtaal

Filmtaal

‘n Eenvoudige draaiboek:
‘n polgras en ‘n liefdes ‑6,

van die nawel
verwerp tot sypaadjie aan O‑tafel.

‘n Stamboom van senuwees
deur ‘n derdeoog geredigeer.

‘n Digby‑opname:
‘n man, morfien en ‘n rondawel.

27 – Bleek klou hy aan die stuurwiel

Bleek klou hy aan die stuurwiel,
Oë kom aan in die truspieël.

Tussen die toegedraaide ruite,
voel hy soos geprikte bloed in ‘n proefbuis.

Die stippellyn van die pad
Hardloop ‘n witrot uit ‘n wrak.

PALE HE CLUTCHES

He clutches pale the steering wheel.
Eyes approach in the reflector.

Between the turned-up windows
he feels like pricked blood in a tube.

The dotted line of the road
runs a white rat from the wreck.

28 – Het jy geheueverlies

Het jy geheueverlies
by jou venster? Kyk jy na die dakke
van motors en deure wat oopgaan op sykouse?
Sit jy met ‘n boek op jou skoot?
Al die dae sluimer weg.
Vertel jy jou spieël
dat jy nie verdrink nie?
dat jy vaar na ‘n hawe?
Die kasdeur, die bed, die portrette
rimpel.
Sit jy in ‘n bushalte vanaand
met hoëhakskoene
waarop jy loop na more?

DO YOU HAVE AMNESIA

Do you have amnesia
at your window? Are you looking at the roofs
of cars and doors opening on garters?
Are you sitting with a book on your lap?
All the days slumber away.
Tell your mirror
that you are not drowning?
That you are sailing to a harbor?
The cupboard door, the bed, the portraits
ripple.
Are you sitting at the bus stop tonight
with high-heeled shoes
on which you find your way to tomorrow.

29 – Alain Robbe‑Grillet

Alain Robbe‑Grillet

ie onpersoonlike mens
n formele klere
et ‘n donkerbril

oos ‘n filmkamera op ‘n spoor
oek knikkop
n die waardige sonskyn

n slang
n ‘n reghoekige tuin
nder vertikale palmbome

30 – Cowboy

Cowboy

Cowboy Jan
jaag die beeste en skape aan kraal toe.
Cowboy Jan skakel
die TV in die buitekamer aan.
Daar was ‘n groot veldbrand
op die nuus.
Die wind begin waai dit word lente
die veld loop uit.
Hy weier om te dink.
Wanneer hy loop
hang sy rewolwers aan sy heupe
en hy wil iets inbreek
soos mense.

31 – enige oomblik

enige oomblik
kan ons
op die
kombers
verander in
hondekos
enige oomblik
kan die uniform­
middag
ons in die gras
doodwurg
enige oomblik
kan my liefde
verander
in ‘n kruiwa

ANY MOMENT

any moment
we could
transform
into dog food
on the blanket
any moment
the uniform
afternoon
could
throttle
us in the grass
any moment
my love
could change
into a wheelbarrow

32 – Agent vir die nuwe bedeling

Agent vir die nuwe bedeling

Ek bou nou aan ‘n toekoms,
met my identiteitskaart op my lapel,
met my breë das &
In geheimhouding‑houding.
Ek is ‘n dubbelganger.
Ek dikteer
vanuit my intieme vyfster‑hotelkamer.
Jy kan my skei
soos eiergeel en eierwit
uit ‘n oopgebreekte dop.

33 – ek wil

ek wil
‘n pakkie nartjies of ‘n pakkie lemoene gaan koop
ek wil ook ‘n brief en ‘n gedig skryf
voor dit donker word oor mbabane
ek kyk by die tent uit
na die kampeerders vet
van voor die karavaan sit vet van die pangeluid
mens word vet van luister
en maer van verlange
in mbabane

34 – Valse bewegings

Valse bewegings

haar oë verander
soos die kleure van doeke
wat sy uit haar mou knyp.
sy is ‘n dooie see
waarop toeriste dryf.
met gevlegte hare
bollemakiesie sy, draai wawiel
en knoop die geld op die sypaadjie
in ‘n sakdoek.
sy raak aan die slaap op ‘n vreemde man se skouer
op ‘n parkbankie.

FALSE MOVEMENTS

Her eyes change
like the colors of handkerchiefs
which she pinches from her sleeve.
She is a dead sea
on which tourists float.
With braided hair
she somersaults, turns like a wheel
and knots the money on the pavement
into a handkerchief.
She falls asleep on the shoulders
of a stranger on a park bench.

35 – In die vlieëseisoen

In die vlieëseisoen
Met ‘n swastika geketting om sy nek
‘n anker getatoeëer op sy songebrande arms
op sy hierjymotorfiets
met die bergroete langs
verby bottels wat breek
en gesinsmotors met doeke in die ruite
vat hy en sy cherrie die pad
tot onder die karavaanparkmaan
waar hy sy tent en sy cherrie
vaspen
en sy hande warm maak oor die braaivleisvuur

IN THE SEASON OF FLIES

In the season of the flies,
with a swastika chained around his neck,
an anchor tattooed on his sun-burnt arms,
on a fuck-you motorbike,
all along the mountain pass,
past broken bottles
and cars with napkins in the windows,
he and his cherry take the road
to under the caravan-park moon
where he pegs
his tent and his cherry
and warms his hands over a barbecue.

36 – ons bly saam trek saam

ons bly saam trek saam
ons slaap saam
raak saam verlore inmekaar
ons glo nie aan liefde nie
ons trek nie ons gordyne toe nie
ons stel nie ons plate sagter nie
ons vra nie vrae nie
geweld is geweld
liefde is liefde
met ons slaapsakke in ons rugsakke
slaap ons op pad na iewers in vreemde motors
ons is immuun
ons rits ons slaapsakke oop waar ons kom
eet wat ons kan, praat min oor wat ons verstaan
ons is ‘n kolonie
ons het niks om oor te redeneer nie

WE LIVE TOGETHER

we live together migrate together
sleep together
get lost in each other together
we do not believe in love
we do not close our curtains
do not turn our music down
we do not ask questions
violence is violence
love is love
with our sleeping bags in our rucksacks
we sleep on the road somewhere in strange cars
we are immune
we unzip our sleeping bags wherever
eat what we can talk little about what we understand
we are a colony
we have nothing to argue about

37 – Op ‘n motorweg in Afrika

Op ‘n motorweg in Afrika,
die De Villiers Graaff‑motorweg,
agter in ‘n motor langs ‘n dokumentetas,
die besoedelde wolke reën op die teer,
met ‘n kopseer,
die seisoen is aan die verander,
sit ek
vir ‘n verandering
op soek na werk.

ON A MOTORWAY IN AFRICA

On a motorway in Africa,
the De Villiers Graaf motorway,
in the back of a car next to a brief case,
polluted clouds are raining on the tar,
with a head-ache,
I’m sitting
for a change
looking for a job.

38 – skaapkop in die pot

skaapkop in die pot
op die rakke sit ‘n rot
teen die vensters
is vertraagde vingers
swart gordyne van wolke
op die plankvloere
die verlede is kerswas
op die tafel. die skoorsteen
het ‘n bokbaard in die reën

39 – langs die pondokolielamp

langs die pondokolielamp
slaan hy ‘n dampie
hy’s ‘n bosloper
‘n nagloper
hy verskyn soms uit die moeras
soos ‘n komeet
sy oog is skeel
hy’s ‘n bosloper
‘n nagloper
hy dink aan ‘n skottel
aan ‘n spyker gekap in sink
hang sy blikbeker
hy’s ‘n bosloper
‘n nagloper
sy hart klop
soos ‘n ster
hulle noem hom
Alleenloper

NEXT TO A SHANTY LAMP

next to a shanty lamp
he lights a cigarette
he walks in the forests
he is a nightwalker
he appears sometimes from the swamp
like a comet
his eye is squint
he walks in the forests
he is a nightwalker
he peers at an enamel basin
on a nail against corrugated iron
hangs his enamel cup
he walks in the forests
he is a nightwalker
his heart throbs
like a star
they call him
a loner