Agter in die motor

Trollip sit agter in die motor. Hulle steek ‘n vrou in ‘n rooi motor

verby. Sy het ‘n sigaret in haar mond.

“Jissus!” Sê Trollip toe sy pa skielik briek trap agter ‘n ander motor

wat wag vir die robot.

Trollip kyk na sy broer, wat voor hom sit, se bakore.

“As julle by die huis is, kyk ‘n bietjie dat die kaffers daardie area vir

die tennisbaan gelyk maak,” Sê Trollip se pa.

“Pasop hy’s rooi,” waarsku Trollip se broer by nog ‘n robot. Trollip se

pa het nie gehoor nie.

“Hulle gaan pa lelik vang hier.” StiIte. ‘n Swartman met ‘n plastieksak

loop op ‘n voetpaadjie in die veld tussen die mynhope.

“Groen! “

‘n Motor se flikkerlig is aan. ‘n ou met swart leerhandskoene, ‘n wit

trui en ‘n geel valhelm, wag op ‘n motorfiets by die robot. Daar is

teerdromme en sandhope langs ‘n sloot. Werkers in oranje oorpakke

staan rond.

By nog ‘n robot Sê Trollip se broer: “hulle kan nie draai nie, daar’s

plek vir ouens wat wil draai.”

Trollip se pa gaap.

Voor hulle ry ‘n vrou met hare tot op haar skouers in ‘n geel motor.

Een boom tussen ander is dood en moet nog net omval. Hulle ry oor ‘n

treinspoorbrug. ‘n Elektriese trein vertrek stadig van die stasie af.

“Gaan” Sê Trollip se broer by ‘n robot.

WHY ZOZO HOLIDAY HOUSES lees ‘n reklameplakkaat.

“Was daai toe daai hotel gewees?” vra Trollip se broer.

“Watter hotel?” vra Trollip se pa .

“Daai ronde een” Sê die broer.

“Dit was die Towers en nie die Tolman nie” Sê die pa.

“Ek hoop pa se flicker is aan … oppas voor” Sê die broer.

Daar is hortjiesblindings binne die agterruit van ‘n motor voor hulle

op die M2. Hulle verander van baan. Die drywer van die motor het ‘n

bril op, hy het ook ‘n wit hemp en ‘n das onder ‘n stywe boordjie aan. Sy

baadjie is mooi opgevou oor die sitplek langs hom.

Hulle ry stadiger.

“Nou moet ek daai vark vanmiddag skiet of nie?” vra Trollip se broer.

“As jy vroeg is dan moet jy hom skiet. Skiet hom in die centre van die

kop, steek hom in die blad.”

‘n Verkeerskonstabel beveel ‘n grys volkswagen met ‘n luidspreker

van die pad af.

“Hy stoot hom nou van die pad af” sê Trollip se broer wat in die

spieel kyk.

Die straatligte se skaduwees buig oor die pad.

Die Villiers-Graaf motorweg.

Die motors by die Braamfontein-afdraai wag met hulle bokserige

skaduwees langs hulle om in beweging te kom. Links onder word met

harke in die begraafplaas gewerskaf. Van lekkerkry hang ‘n spoegerige

mond van ‘n vrou in ‘n motor langs hulle, onder ‘n onderweg se

skaduwees, oop soos ‘n kraai wat warm kry .

Down a Lion feel satisfied.

“Tjjjk” maak Trollip se pa se mond, “toe kyk ek vir daardie kar in die

spieël, “

“Pasop vir hierdie siek siel” se Trollip se broer. ‘n Motor brul uit ‘n

ondergrondse parkeerterrein sonder dat die bestuurder links of regs

kyk. Trollip se pa slaan remme aan. Sy massiewe krom skouers ruk

vorentoe terwyl die motor tot stilstand kom. Sy mond vloek

onderlangs.

Nie ver daarvandaan nie parkeer hulle. Trollip gee sy pa se

dokumentetas van agter af aan en klim uit.

Trollip en sy broer loop na die universiteit. Twee karakters wat hulle

motorfietse op die sypaadjie geparkeer het, maak hulle valhelms los.

“Does he wants to settle everything he fancies?” vra die een.

This page has been sponsored.